Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Staking by Comair afgeweer

Die staking wat British Airways en kulula.com-vlugte dié Paasnaweek kon ontwrig, is afgeweer.

Comair, wat die twee lugdienste bedryf, se aansoek Donderdag by die arbeidshof was suksesvol toe ’n dringende interdik om ’n staking deur die metaalwerkersvakbond Numsa se lede te verbied, aan hom toegestaan is.

Wrenelle Stander, uitvoerende direkteur by Comair, sê in ’n verklaring Comair verwelkom die uitspraak.

“Ons respekteer ons werknemers se reg om te staak, maar sal dit altyd verkies dat ons eerder tot ’n wedersyds aanvaarbare ooreenkoms kom,” sê sy.

Stander sê die lugdiens sal voortgaan om met die vakbond te onderhandel.

Numsa het Comair Dinsdag per kennisgewing ingelig van sy planne om van Donderdag af te staak. Van Comair se sowat 2 200 lughawepersoneel is 704 lede van Numsa.

Stander sê hoewel die staking nou afgeweer is, raai hulle hul passasiers steeds aan om hul instapkaartjies aanlyn te bespreek om vertragings te vermy.

Die Paasnaweek is een van die besigste naweke wat verkeer op lughawens betref.

Die O.R. Tambo-lughawe het ook vroeër Donderdag in ’n verklaring gewaarsku dat hy aan die begin van die Paasnaweek verwag sowat 35 000 passasiers gaan vandag deur die lughawe beweeg.

Meer oor:  Kulula.Com  |  Comair  |  Lugdiens  |  Staking  |  Numsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.