Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Standard Bank bekommerd oor 2de vlaag, werkverliese
Standard Bank is bekommerd oor wat die effek van ’n tweede vlaag van die pandemie op sy bedrywighede kan wees. Foto: Reuters

Kliënte wat hul werk verloor en nie hul skuld kan betaal nie, en die kanse van ’n tweede vlaag infeksies, is wat Standard Bank oor die toekoms bekommer.

Die bank waarsku Maandagoggend in ’n handelsverklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat daar nog baie onsekerheid is oor wat die effek van die Covid-19-pandemie op lang termyn op sy prestasie gaan wees.

Hy waarsku reeds dat hy verwag dat sy verdienste en wesensverdienste per aandeel vir die jaar tot einde Desember meer as 20% laer as ’n jaar tevore gaan wees.

Standard Bank het reeds in Augustus gesê dat net in die eerste helfte van die jaar het sy wesensverdienste met 44% tot R7,5 miljard gedaal.

LEES OOK: Pandemie kos Standard Bank miljarde

Standard Bank het toe ook gewaarsku dat hy vir swak skuld van R11,3 miljard voorsiening maak.

Die bank sê dat hoewel kliënte weer begin het om hul lenings terug te betaal, bly hy veral bekommerd oor of ongesekureerde lenings alles terugbetaal gaan word.

Standard Bank het teen die einde van Junie R107 miljard se skuldverligting aan individue en kleinsake gebied.

Hiervan is die meerderheid reeds terugbetaal. Teen einde Oktober was die uitstaande balans op dié skuld R47 miljard.

Sowat 80% van die uitstaande skuld is gesekureerde skuld in die vorm van óf huislenings óf voertuigfinansiering.

Wanneer dit by korporatiewe kliënte kom, sê die bank het hy in totaal R78 miljard se verligting gebring.

Standard Bank sê ongeag die onsekerheid oor wat die pandemie mag bring, bly sy kapitaal- en likiditeitsvlakke goed bo die vereiste vlakke, en die groep is “goed geposisioneer om enige addisionele woelinge” in die mark te weerstaan.

Standard Bank sal eers in Maart 2021 sy resultate vir die jaar tot einde Desember bekend maak.

Die bank sê hy oorweeg ook steeds oor óf hy ’n finale dividend sal verklaar of nie. Die Reserwebank het vroeër vanjaar veral banke gemaan om nié dividende te verklaar nie, juis om op dié manier kontant te bewaar.

Standard Bank se aandele verhandel vroeg Maandagoggend net meer as 2% laer teen R124,32 op die JSE.

Meer oor:  Standard Bank  |  Slegte Skuld  |  Covid-19  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.