Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Standard Bank dank dalk meer as 500 af
Standard Bank is Suid-Afrika se grootste bank. Foto: Getty Images

Standard Bank gaan meer as 500 mense in sy IT-afdeling aflê.

Die bank het Woensdag in ’n verklaring gesê hy het met ’n art. 189-proses begin waardeur die afdeling herstruktureer word “om te fokus op nuwe gebiede van tegnologie, soos wolkberging, data-ontleding en kubersekuriteit”.

Hoewel dié herstrukturering tot 180 nuwe poste sal skep, beteken dit ook dat ’n groot hoeveelheid “tradisionele” IT-poste oorbodig word, sê Standard Bank.

Tydens die oorgangsproses gaan 526 werknemers ’n kennisgewing van moontlike aflegging ontvang.

Volgens Standard Bank beteken dit nie dat al dié mense uiteindelik afgedank gaan word nie.

Die meeste personeellede wat deur die moontlike afleggings geraak word, is tans bestuurders of uitvoerende beamptes in die afdeling.

Die bank sal ondersteuning bied aan diegene wat wel afgedank word, insluitend om hulle te help om nuwe werk te vind.

Die aankondiging kom nadat die bank se debiet- en kredietkaartfasiliteite twee keer in drie dae ure lank nie gewerk het nie.

Meer oor:  Standard Bank  |  Bankbedryf  |  Tegnologie  |  Banke  |  Afleggings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.