Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Standard Bank het lekker vooruitsig van 40%

Standard Bank verwag sy wins gaan in die halfjaar tot einde Junie wesenlik meer as in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar wees, toe strenger inperkings vir die pandemie geheers het.

Standard Bank gaan dalk vanjaar ’n dividend uitkeer. Foto: Reuters

Die bank sê in ’n handelsoorsig hy verwag sy kernwins per aandeel gaan met 40% styg.

’n Vrywillige handelsverklaring is ook oor die vier maande tot einde April uitgereik.

Die bank sê meer lenings vir motors, huise en ander batefinansiering is in die vier maande vergeleke met die ooreenstemmende tydperk verlede jaar verskaf.

Lenings aan ondernemings het in dubbelsyfers gestyg.

Die netto rente-inkomste (verskil tussen rente verdien en betaal deur die bank) het gedaal vergeleke met verlede jaar en 2019 dieselfde tydperk. Dis toegeskryf aan die laer gemiddelde rentekoerse wat geheers het.

Die nie-rente-inkomste het gedaal omdat minder transaksies plaasgevind het.

Die kredietvertoning is beter as verwag. Die kredietafskrywingskoste is wesenlik laer as in die ooreenstemmende tydperk.

Standard Bank glo hy sal in Augustus ’n tussentydse dividend kan verklaar.

Meer oor:  Banke  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.