Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Standard Bank leen $185 m. om maatskappye te help
Standard Bank het $135 miljoen geleen om maatskappye gedurende die Covid-19-pandemie by te staan.Foto: Reuters

Standard Bank het $185 miljoen by die International Financial Corporation (IFC) geleen. Dit is sowat R3,2 miljard teen die huidige wisselkoers.

Dié lening, wat oor drie jaar betaalbaar is, gaan gebruik word om maatskappye – groot en klein – te help wat deur die Covid-19-pandemie beïnvloed is.

Die bank sê Dinsdag in ’n verklaring dat hy maatskappye wil help met die koop en vervaardiging van goedere en dienste wat nodig is om die krisis te oorkom. Die finansiering sal veral vir maatskappye in die gesondheidsektor beskikbaar wees.

Standard Bank sê hy het sedert die uitbreking van die pandemie reeds R92 miljard in skuldverligting aan individue en maatskappy verleen.

Meer oor:  Standard Bank  |  Covid-19  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.