Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Standard Bank meen wins kan met meer as 50% daal

Standard Bank verwag dat sy wins per aandeel vir die boekjaar tot einde Desember met tussen 45% en 55% kan daal.

Standard Bank verwag ’n beduidende daling in sy wins wanneer hy sy voljaarresultate in Maart bekend maak. Foto: Bloomberg

Hy reik sy resultate volgende week uit.

Sy aandeelprys het skaars gereageer op die handelsoorsig.

Die kernwins per aandeel gaan tussen 40% en 50% laer wees.

Beleggers is verwys na sy handelsoorsig wat einde November uitgereik is en waarin gesê word die druk op sy winsmarges duur voort weens die effek van vorige rentekoersverlagings wat nog deursyfer.

Die bank het ook verwys na kredietverliese wat hoog gebly het.

In die halfjaar tot einde Junie het die kredietafskrywingkoste (slegte skuld wat afgeskryf word en die voorsiening vir kredietafskrywings) skerp tot R11,3 miljard van R4,2 miljard in die ooreenstemmende halfjaar geklim.

Dit word aan die agteruitgang in die stand van kliënte se geldsake weens die pandemie en die inperking toegeskryf.

Einde November is gesê die vooruitsig vir kredietafskrywingskoste ná die boekjaar bly baie onseker.

Beleggers hou ook asem op om te hoor of ’n slotdividend verklaar gaan word.

Die Reserwebank het in Februarie ’n riglyn uitgereik dat banke dividendbetalings en kontantbonusse aan die uitvoerende bestuur kan hervat, maar gemaan dit moet versigtig gedoen word sodat genoeg kapitaal bewaar word te midde van die groter onsekerheid wat die pandemie skep.

Dit kom nadat die Reserwebank in April verlede jaar ’n riglyn uitgereik het dat kapitaalbewaring prioriteit moet geniet bo dividende en kontantbonusse en dat geen dividend en kontantbonusse in 2020 betaal moet word nie.

Daar is ook aanbeveel dat direksies “gepaste stappe doen” oor dividende wat reeds verklaar is.

Meer oor:  Standard Bank  |  Bankdienste  |  Wins  |  Resultate  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.