Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Standard Bank noteer ook op A2X

Standard Bank - Suid-Afrika se grootste bank volgens bates - het pas een van die grootste maatskappye nóg geword wat op die A2X noteer. 

Standard Bank is Suid-Afrika se grootste bank. Foto: Getty Images

Standard Bank se gewone en voorkeuraandele sal van 15 November af op dié beurs te koop wees.

Die bank verseker aandeelhouers dat sy primêre notering op die JSE bly en dat sy getal aandele nie deur die sekondêre notering geraak word nie.

A2X is in 2014 gestig, maar het eers in April verlede jaar sy beurslisensie gekry. Die beurs het op 6 Oktober 2017 sy deure oopgemaak.

African Rainbow Capital (ARC), Peregrine en Coronation was die eerste drie maatskappye wat op die A2X genoteer is. ARC, waarvan Patrice Motsepe die voorsitter en dr. Johan van Zyl die mede- uitvoerende hoof is, is ook die grootste aandeelhouer in die beurs, met ’n belang van 20%.

Sedertdien het verskeie ander gewigtige name op die A2X genoteer, onder meer Sanlam, Growthpoint, Sygnia, Ascendis Health, Afrimat en Anchor Capital.

Donderdag het AVI ook aangekondig hy kry van 15 November af ’n sekondêre notering op die A2X. AVI het produkte soos Five Roses, Freshpak, Bakers, Willards, I&J, Yardley, Spitz en Green Cross in sy stal.

Daar is dus binnekort 13 maatskappye wat op die A2X genoteer is, indien die beurs se lys op sy webwerf volledig is.

Volgens Arno Daehnke, Standard Bank se finansiële hoof, het institusionele beleggers gevra vir die sekondêre notering. Die bank sê die notering bewys sy steun vir die uitbreiding van die land se finansiële markte.

Een van die motiverings vir die sekondêre notering is dat transaksies goedkoper is, het Sygnia voorheen gesê. Daar is geen noteringsgeld vir die A2X nie.

Meer oor:  A2x  |  Sanlam  |  Standard Bank  |  African Rainbow Capital  |  Patrice Motsepe  |  Arno Daehnke  |  Johan Van Zyl  |  Notering  |  Beurs  |  Aandelebeurs  |  Banke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.