Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Standard Bank se 1 Chinese direkteur bedank

Een van die twee verteenwoordigers van Industrial and Commercial Bank of China (ICBC) wat op Standard Bank se direksie dien, het met onmiddellike ingang bedank.

Hu Hao
Hu Hao is een van twee direkteure wat die Chinese bank ICBC kan benoem om op Standard Bank se direksie te dien.

Hao Hu was ’n nie-uitvoerende direkteur op die groep én die bank se direksie en ook ondervoorsitter van die groep.  

Hu is een van twee direkteure wat ICBC benoem om op die Standard Bank-groep se direksie te dien.

ICBC is ’n 20%-aandeelhouer in die Standard Bank-groep en is daarop geregtig om twee direkteure te benoem, waarvan een as ondervoorsitter moet dien.

’n Plaasvervanger sal binnekort aangewys word.

Hu se bedanking kom nadat hy op 7 Februarie as uitvoerende direkteur en senior uitvoerende visepresident van ICBC bedank het.

Luidens ’n verklaring van ICBC hou sy bedanking verband met ’n verandering in werkopdragte. “Hu het bevestig dat hy nie met die direksie ’n geskil het nie en dat daar geen ander aangeleenthede is oor sy bedanking wat onder die aandag van aandeelhouers en krediteure van die bank gebring moet word nie.”

Hy het in 1984 by die bank begin werk.

Meer oor:  Icbc  |  Standard Bank  |  Direksie  |  Direkteur  |  Bank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.