Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Standard Bank verloor 900 werkers in jaar

Standard Bank se personeel het in die boekjaar tot einde Desember met 900 mense afgeneem.

Die groep het in sy jaarresultate vir die boekjaar tot einde Desember getoon in Suid-Afrika werk 31 829 mense by die groep – sowat duisend mense minder as die vorige jaar.

standard bank
Standard Bank Mobile bied nou geïntegreerde selfoon- en bankdienste op sy nuwe virtuele selfoonnetwerk aan. Foto: William Horne

Ingesluit in Afrika en oorsee waar personeelgetalle toegeneem het, werk daar 47 400 mense by die bank en 53 178 by die groep in geheel.

Standard Bank het in sy resultate vir die boekjaar gesê die daling in personeel in Suid-Afrika is meegebring deur ’n natuurlike personeelafname deur digitale doeltreffendheid en aksie wat deur die bestuur geneem is.

Sy personeelkoste het steeds met 7% tot R33,8 miljard gestyg weens jaarlikse salarisverhogings, skeidingspakkette wat met herstrukturering in sy IT-afdeling te doen het en belangrike poste wat gevul is.

Die groep se inkomste het met 3% gestyg tot R105 miljard.

Ingesluit hierin is rente wat verdien is uit lenings, wat met 1% tot R59,6 miljard gedaal het.

Ook ingesluit is inkomste wat nie van rente op lenings afkomstig is nie, maar uit bankkoste en meer banktransaksies. Die inkomste het met 7% tot R45,7 miljard gestyg.

“Dié inkomste het voordeel getrek uit die jaarlikse verhogings in bankkoste en meer elektroniese banktransaksies, ingesluit OTM’s wat meer gebruik is en aanlyn transaksies deur ondernemings.”

Sy elektroniese bankgelde het met 11% tot R3,8 miljard gestyg.

Die groep sê kliënte gaan voort om na sy digitale platforms te skuif – veral na die Standard Bank-app.

Die digitale transaksies is 36% meer terwyl interaksie met personeel in banktakke 13% verminder het.

Die gebruikers van die Standard Bank-app het met 30% tot 1,3 miljoen gestyg.

Meer as 2,5 miljoen transaksies per dag is op die app gedoen. In die jaar was dit altesaam 958 miljoen – wat ’n verhoging van 50% is.

Ander syfers in sy gewone bankbedrywighede:

  • R44,4 miljard se nuwe verbandlenings is toegestaan, wat 5% meer as die vorige jaar is. Totale verbandlenings het einde Desember R362 miljard beloop.
  • Die voertuiglenings wat toegestaan is, het met 23% tot R39,1 miljard gestyg. Die totale voertuiglenings het R89,4 miljard beloop.
  • Kliënte het met 14 000 tot 8,07 miljoen gedaal.
  • Die deposito’s van kliënte het met 10% tot R591,3 miljard gestyg.
  • Einde Desember het Standard Bank 629 banktakke gehad, wat elf minder as die vorige jaar is.

Die groep se wins het met 7% tot R28,9 miljard gestyg.

Sy dividend per aandeel is met 7% tot 970c verhoog.

Meer oor:  Standard Bank  |  Banksektor  |  Personeelkoste  |  Werknemers  |  Herstrukturering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.