Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Star se aandeelhouers stem vir naam Pepkor
Pepkor bedryf onder meer Pep en Ackermans.

Steinhoff Africa Retail (Star) se aandeelhouers het eenparig daarvoor gestem dat hy sy naam weer na Pepkor verander.

Dit word gedoen om hom van die Steinhoff-skandaal te probeer distansieer.

In ’n aankondiging op die JSE se nuusdiens Sens sê Star

die voorstel is eenparig aanvaar deur 96.6% van die totale aantal aandeelhouers wat gemagtig was om te stem.

Star sluit benewens die ou Pepkor ook Tekkie Town in wat voorheen aan Steinhoff behoort het. Die Pepkor-filiaal bedryf onder meer Pep en Ackermans.

Star se aandeelprys het Vrydag 1,49% laer op R16,55 gesluit. – Vida Booysen

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.