Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steers het die ‘regte vlam’; Burger King nié

Wat verstaan verbruikers wanneer hulle die woord “vlam-gebraai” hoor? En hoe vars moet slaai wees om as “vars” geadverteer te word?

famous brands
Steers se logo verwys daarna dat sy burgers oor ’n oop vlam gaargemaak word.

Dis die vrae waarmee die Advertensiebeheerraad (ABR) geworstel het nadat Steers, ’n restaurant in Famous Brands se stal, gekla het oor ’n TV-advertensie deur Burger King, waarvan Grand Parade Investments die meesterlisensie besit. Steers voer aan die advertensie is “oneerlik en misleidend”.

Steers voer aan hy is die enigste kitskosrestaurant wat regtig gebraaide burgers maak en flame-grilled is dan ook sinoniem met dié burgers. Dit behels ’n oop gasvlam waarop die vleis gaargemaak word.

Burger King gebruik ook gas, en daar is ook ’n vlam, maar die metode word as “vlam-gerooster” (flame-broiled) beskryf. Die burger beweeg meganies op ’n soort vervoerband oor die vlam.

Burger King se Whopper-burger word nie vlam-gerooster nie, het die Advertensiebeheerraad bevind.

Steers het beswaar gemaak dat die advertensie eindig met ’n beeld van burgers wat in vlamme onthul is.

Die ABR het in Steers se guns beslis oor dié klagte. Die raad het bevind die meeste mense sal die woord “vlam-gebraai” met ’n oop vlam assosieer en dat Burger King se advertensie dus misleidend is.

Uitsaaiers mag dus nie meer die advertensie in enige medium vertoon nie.

Omdat Burger King nie self ’n lid van die ABR is nie, kan die raad hom nie beveel om die advertensie te onttrek nie.

Die netto uitwerking is egter dieselfde – dis koebaai met die Burger King-advertensie.

Steers het sy ander klagte – oor die feit dat tamaties en uie in die advertensie opgesny word – verloor. Steers het aangevoer slaai kom klaar verpak by Burger King aan en boonop word broodrolletjies bevrore by elke franchise afgelewer.

Burger King het bewys dat slaai daagliks vars afgelewer word en dat die advertensie dus nie misleidend is oor hoe vars dit is of oor die feit dat tamaties en uie by elke franchise opgesny word nie.

Die ABR het bevind Burger King gee glad nie voor sy rolletjies word vars gebak nie – die rolletjie word net gewys wanneer die burger saamgestel word.

Steers-takke kry elke dag varsgebakte rolletjies afgelewer en selfs die aartappels word elke dag vars opgesny vir die skyfies.

Meer oor:  Steers  |  Burger King  |  Grand Parade Investments  |  Gpi  |  Famous Brands  |  Kitskos  |  Advertensies  |  Hamburgers  |  Restaurante  |  Advertensiebeheerraad  |  Reklame
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.