Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff 1ste keer in hof in SA
Steinhoff se regsverteenwoordigers gaan Donderdag vir die eerste keer in ’n hof in Suid-Afrika verskyn om ’n saak teen die groep te verdedig wat voortspruit uit die beweerde gekonkel met sy boeke.

Die aansoek om ’n dringende interdik te kry teen Steinhoff om hom te belet om Pepkor-aandele te verkoop, word Donderdag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor.

Dit sal die eerste keer wees sedert die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys in 2017 wat regsverteenwoordigers van die maatskappy in ’n hof in Suid-Afrika gaan verskyn om ’n saak teen die groep te verdedig wat voortspruit uit die beweerde gekonkel met sy boeke.

Netwerk24 het op 10 April berig oor die dringende aansoek wat gebring is deur vyf maatskappye wat onder meer deur Braam van Huyssteen, stigter van Tekkie Town, besit word.

Die vyf applikante is ook die eisers in ’n saak teen Steinhoff wat in 2018 gebring is om Tekkie Town terug te kry. ’n Dagvaarding is vandeesweek deur die partye gebring om ook Pepkor tot dié saak te voeg.

Die aansoek om die interdik volg ná die onlangse onthulling deur Steinhoff dat Markus Jooste, sy voormalige uitvoerende hoof, ’n groep van topbestuur en eksterne samesweerders gelei het om die boeke van die groep na bewering met ’n “verbysterende R106 miljard” te kook.

Die onthulling van Steinhoff het gekom ná afloop van ’n forensiese ondersoek van langer as ’n jaar oor die ongerymdhede wat met sy boeke plaasgevind het.

Van Huyssteen het in ’n verklaring oor die aansoek gesê dit is vir hulle duidelik nadat die inligting bekendgemaak is dat hulle ’n goeie saak vir restitusie het.

Dit bekommer hulle egter dat Steinhoff voortgaan met die verkoop van sy bates om kontant te kry om ’n likwidasie af te weer.

Die aansoek is gebring nadat Steinhoff sy aandele in KAP Industrial verkoop het.

Die aansoek is teen Steinhoff International Holdings NV, Pepkor Holdings Beperk, Pepkor Speciality, Tekkie Town en Town Investments gebring.

Die bevel wat gesoek word is om Steinhoff te verbied om enige aandele in Pepkor te verkoop of daarin handel te dryf op ’n wyse wat daartoe sal lei dat hy beheer oor die filiaal van hom verloor of wat daartoe sal lei dat die applikante se eis teen Steinhoff nie volbring kan word nie.

Die aansoek word gebring om hulle te verbied om Tekkie Town se aandele of in sy winkels handel te dryf op enige wyse wat daartoe kan lei dat die voormalige eienaars van die maatskappy se aandeelhouding en beheer oor Tekkie Town nie herstel kan word nie.

Die respondent wil ook ’n interdik kry om Pepkor en sy filial Pepkor Speciality te verbied om enige aandeelhouding in Tekkie Town oor te dra, te sedeer of te verpand.

Meer oor:  Steinhoff  |  Tekkie Town  |  Pepkor  |  Braam Van Huyssteen  |  Hof  |  Tekkies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.