Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Aansoek om likwidasie uitgestel

Die aansoek om die likwidasie van Steinhoff is Maandag in die hooggeregshof van Kaapstad uitgestel.

A customer browses goods on display inside a Tekki
Die stigters van Tekkie Town, wat deur die Steinhoff-filiaal Pepkor uitgekoop is, wil Steinhoff laat likwideer. Foto: Getty Images

Die applikante in die aansoek is die voormalige eienaars van Tekkie Town, insluitende Braam van Huyssteen, stigter, en Bernard Mostert, voormalige uitvoerende hoof.

Volgens hul regsverteenwoordiger Gavin Meinking, direkteur van C&A Friedlander Attorneys, is ’n konsepbevel volgens ooreenkoms met Steinhoff se regspan verkry om die aansoek uit te stel tot ’n datum wat deur regter Vincent Saldanha se kantoor bepaal sal word.

Die hof is ook versoek om die aansoek op die onbestrede hofrol te roep om te verseker dat enige ander belanghebbende party die geleentheid kry om die aansoek teen te staan.

Twee partye wat aangedui het hulle het ’n belang by die saak, maar dit nog nie formeel gedoen het nie, sou Maandagmiddag met die applikante en respondent vergader het oor hofdatums en die datum van ’n verhoor.

Die partye vergader Dinsdagmiddag met Saldanha sodat hy verdere aanwysings kan gee oor ’n moontlike verhoordatum en die spertye vir die indiening van opponerende hofstukke.

Steinhoff het voorheen bevestig hy gaan die aansoek teenstaan.

Die applikante voer aan Steinhoff is feitlik en kommersieel insolvent en dat sy laste sy bates oorskry.

Paul Katzeff, voorsitter van C&A Friedlander Attorneys, het voorheen gesê die likwidasie-aansoek word gebring om te verseker dat die maatskappy op behoorlike wyse gelikwideer word en dat krediteure op ’n meer regverdige grondslag gehanteer word.

Hy het gesê die bona fides van ’n skikkingsplan wat Steinhoff voorstel aan sy krediteure word in twyfel getrek omdat sekere krediteure voorgetrek word.

Dit gaan oor die sogenaamde finansiële krediteure (leners) van Steinhoff wat anders en meer gunstig behandel word as die eisers wat hul aandele in die mark gekoop het en dié wat kontrakte aangegaan het met die groep (soos Tekkie Town) wat ’n onderneming of ’n bate vir Steinhoff-aandele geruil het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.