Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff beoog nuwe skuldplan vir VSA-filiale

Steinhoff wil nóg ’n reëlingskema met krediteure beding.

Die JSE het bevestig Steinhoff is steeds genoteer. Verhandeling in van sy skuldbriewe is egter opgeskort.

Die maatskappy het Donderdag op Sens aangekondig hy het Woensdag magtiging in die hooggeregshof van Engeland en Wallis gekry dat Stripes US Holding ’n nuwe reëlingskema aan krediteure mag aanbied.

Stripes is ’n filiaal van Steinhoff Europe. Die maatskappy het ’n wentelkredietgerief van $200 miljoen.

Die voorstel is dat die krediteure hul regte onder dié wentelkredietgerief verruil vir soortgelyke regte onder ’n nuwe wentelkredietgerief, met Steinhoff Europe wat die lener word pleks van Stripes. Steinhoff International sal die lenings waarborg.

Die stappe is alles deel van die ingewikkelde herstrukturering van Steinhoff se skuld en hou verband met sy Amerikaanse filiaal Mattress Firm se herstrukturering.

Steinhoff het Mattress Firm in 2016 gekoop teen $3,8 miljard, ’n prys wat toe reeds die oë laat rek het. Sedertdien het Mattress Firm aggressief nuwe winkels oopgemaak, wat die maatskappy kniediep in die skuld gedompel het.

Mattress Firm het op 5 Oktober aansoek gedoen om hoofstuk 11-beskerming. Dis die ekwivalent van Suid-Afrikaanse sakeredding deurdat dit ’n maatskappy van sy krediteure beskerm terwyl hy herstruktureer. Dis die laaste moontlike stap om bankrotskap af te weer.

Steinhoff sê in sy Sens-verklaring Mattress Firm het ’n ooreenkoms vir finansiering bekom wat sal intree indien die maatskappy se sakereddingsplan slaag en hy uit die hoofstuk 11-verrigtinge kom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.