Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Boetes kom gou oor binnehandel, misleiding

’n Ondersoek na binnehandel by Steinhoff sal eersdaags afgehandel wees.

Steinhoff se jaarstate van 2016 tot 2018 is in die visier.

Inligting hieroor sal in Oktober aan die Gedragsowerheid van die Finansiëledienstesektor (FSCA) vir optrede oorhandig word.

Volgens Alex Pascoe, hoof van ondersoeke van die FSCA se direktoraat vir markmisbruik, sal daar ook reeds vandeesmaand ’n verklaring uitgereik word oor ’n ander ondersoek – dié na die publikasie van vals en misleidende inligting. Dit handel oor Steinhoff se jaarstate van 2016 tot 2018.

Hy het Woensdag gepraat op ’n terugvoersessie aan vier staande komitees van die parlement oor die ondersoeke na Steinhoff.

Pascoe sê die FSCA het toegang gehad tot die PwC-verslag oor die forensiese ondersoek na Steinhoff se boeke.

“Steinhoff het die FSCA bygestaan om die nodige inligting te kry om hierdie ondersoek af te handel.”

Ten opsigte van die ondersoek oor die inligting wat gepubliseer is, word nie net na die maatskappy verwys nie, maar ook na individue wat geweet het of moes geweet het dat die inligting vals en misleidend is.

Dié deel van die ondersoek wat met die maatskappy verband hou, is bykans klaar en die aankondiging kom vandeesmaand. Dit kan beteken dat Steinhoff vandeesmaand al beboet sal word weens die uitreiking van vals inligting.

Die deel van die ondersoek wat verband hou met individue wat aan Steinhoff verwant is en bewus was van die vals en misleidende inligting, waaronder direkteure, sal hopelik teen volgende jaar die derde kwartaal afgehandel wees.

Dit sal direkteure en topbestuurslede van verskillende Steinhoff-maatskappye behels.  

Ten opsigte van die ondersoek oor binnehandel is verskillende oortredinge ondersoek:

  • Dat iemand met binnekennis oor die maatskappy dié inligting aan ander verskaf het;
  • Dat die persoon met die binnekennis ander aangemoedig het om aandele te verkoop; en
  • Dat mense met wie dié binnekennis gedeel is, daarop gereageer het.

Pascoe sê dié ondersoek is amper afgehandel. Dit sal in Oktober aan die FSCA voorgelê word vir ’n besluit.

Dit hou moontlik verband met inligting wat onlangs in hofstukke na vore gekom het oor hoe Markus Jooste na bewering voor die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys aan 'n vriend gestuur het. 

LEES OOK: Steinhoff: Só waarsku Jooste glo oor aandeelprys.

Verlede jaar in Oktober het Bloomberg ook berig oor soortgelyke teksboodskappe wat aan vriende geskryf is. Dit is nie seker of dit dieselfde teksboodskap was nie. 

LEES OOK: Jooste waarsku vriende glo oor Steinhoff-aandele.   

Dit is die enigste ondersoek na binnehandel wat nog aan die gang is. Die betrokke persone kan beboet word en dan sal die mense wat geld verloor het in dié transaksies vergoed word.

LEES OOK: Steinhoff: Nog g’n teken van binnehandel gevind.

Hy sê die ondersoek na ander aandeleverhandelings is gesluit omdat geen bewyse gevind kon word dat daardie verhandelings op grond van binnekennis gedoen is nie.

Dit hou verband met verhandelings net voor 6 Desember 2017 toe Steinhoff aangekondig het hy kan nie sy jaarstate vir die boekjaar tot einde September 2017 uitreik nie weens ongerymdhede met sy boeke.

“Dié ondersoeke het nie enige direkteure of verwante partye betrek nie.”

Nog ’n ondersoek na die verslag van die buitelandse kortverkoper Viceroy, wat op 7 Desember 2017 uitgereik is oor die probleme by Steinhoff, duur ook nog voort. Dié ondersoek hou ook met binnehandel en die publikasie van vals inligting verband. Pascoe sê buitelandse reguleerders staan hulle by in dié ondersoek.

Pascoe het op kritiek van LP’s dat daar ’n gebrek aan dringendheid is met die ondersoeke, gesê hulle werk volgens ’n plan en spertye.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pwc  |  Binnehandel  |  Forensiese Ondersoek  |  Boetes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.