Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Dis D-dag vir Ben la Grange

Dit is vandag D-dag vir Ben la Grange, voormalige finansiële hoof van Steinhoff.

Ben la Grange op Woensdag 29 Augustus in die parlement. Dis die eerste sitting oor Steinhoff waarop hy gaan getuig. Foto: Jaco Marais

La Grange het in Desember bedank op dieselfde dag wat Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, bedank het. Hy het egter tot onlangs op ’n kontrakgrondslag vir Steinhoff gewerk totdat hy dié maand geskors is.

La Grange se bedanking was op die dag wat Steinhoff aangekondig het sy resultate vir die boekjaar tot einde September gaan nie meer uitgereik word nie omdat finansiële ongerymdhede verder ondersoek moet word.

Volg ons regstreekse dekking hier: Steinhoff-hoës in parlement

Steinhoff se aandeelprys het binne ’n week sedert die aankondiging oor ’n afgrond gestort en beleggers het miljarde rande verloor.

Die parlement het die afgelope week ’n presedent geskep toe sowel Jooste as La Grange gedagvaar is om te getuig.

La Grange het Dinsdag gesê hy glo die dagvaarding was onnodig, want hy was nog altyd bereid om vrywillig te getuig.

Parlementariërs wil meer te wete kom oor wat gedoen kan word om sulke gebeure in die toekoms af te weer.

Jooste – wat sy lyf die afgelope nege maande baie skaars gehou het – het ’n hofaansoek in die hooggeregshof in Kaapstad gebring en ’n skikking is daarna bekragtig dat hy op 5 September onder eed sal getuig.

Dit blyk uit die hofbevel wat Dinsdag uitgereik is hy gaan net sekere vrae beantwoord om die komitees by te staan “om institusionele gebreke en probleme in bestaande finansiële wetgewing te identifiseer” of “probleme met die toepassing van finansiële wetgewing wat aanleiding kon gegee het of die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys kon veroorsaak het.”

Gewone Suid-Afrikaners wat al sedert Desember worstel met vrae oor wat gebeur het, sal vandag egter hoop dat La Grange meer lig gaan werp op die gebeure wat tot die bedanking van Jooste gelei het en veroorsaak het dat die jaarstate nie uitgereik kan word nie.

Verteenwoordigers van buitelandse beleggers is reeds opgemerk onder die gaste wat vroeg opgedaag het.

Steinhoff het miljarde euro se skuld in die buiteland ingesamel sedert hy sy notering einde 2015 in Frankfurt gekry het.

Lana van Zyl en Asogaren Chetty van die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) en gen.maj. Alfred Khana, hoof van die Valke se eenheid teen ernstige handelsmisdaad, is ook reeds teenwoordig. Hulle is blykbaar net vandag hier om te luister.

Dit is die derde sitting deur vier parlementêre komitees wees wat sedert einde Januarie oor Steinhoff gehou word.

Die gesamentlike sitting word deur die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid en die staande komitees oor finansies; openbare rekeninge; en staatsdiens en administrasie gehou.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pwc  |  Ben La Grange  |  Markus Jooste  |  Korporatiewe Beheer  |  Bedrog  |  Kleinhandel  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.