Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff eers week later in parlement

Steinhoff se beplande verskyning in die parlement is uitgestel omdat die maatskappy ’n dag tevore in die hof in Nederland moet wees.

Die staande komitee vir finansies het Woensdag in ’n kort verklaring gesê die sitting wat op 22 Augustus gehou sou word, is dus met ’n week tot 29 Augustus uitgestel.

Steinhoff moet op 21 Augustus in die hof in Nederland wees.

Netwerk24 het voorheen berig Ben la Grange (43), voormalige finansiële direkteur van Steinhoff International, gaan in die sitting getuig.

Dit sal die eerste keer wees dat hy in ’n gesamentlike sitting van vier parlementêre komitees kom getuig. Dit is reeds die derde gesamentlike sitting om agter die kap van die byl te kom oor wat skeefgeloop het met toesighouding deur die verskillende owerhede sodat die reuse-ineenstorting van Steinhoff nie verhoed is nie.

Die hofsaak in Nederland is waarskynlik die groepsgeding wat die Vereniging van Effectenbezitters (VEB) teen Steinhoff aanhangig gemaak het. Die VEB is in 1924 gestig en het al talle suksesvolle groepsgedinge hanteer.

Steinhoff het in Mei bekend gemaak dat hy die hof versoek het om Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, deel van die VEB-regsgeding te maak.

Dit sal Steinhoff in staat stel om op sy beurt ’n eis teen Jooste in te stel.

Meer oor:  Markus Jooste  |  Ben La Grange  |  Maatskappye  |  Steinhhoff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.