Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Eerste klasaksie in SA gebring
Nicky Newton-King, uitvoerende hoof van die JSE, en Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van die Steinhoff-groep, in September tydens die notering van Steinhoff Africa Retail in Suid-Afrika. Regs agter staan Johan van Zyl, voorsitter van Sanlam, en 'n voormalige direkteur van Steinhoff.

’n Klasaksie hofaansoek is Woensdag teen Steinhoff en sowat 40 ander respondente in die hooggeregshof in Johannesburg gebring.

Die eis wat die klasaksie teen die partye kan meebring kan na verwagting miljarde rande beloop.

Die aansoek is deur ’n konsortium van regsfirmas gebring insluitende die bekende Duitse regsfirma TILP wat al klasaksies teen groot maatskappye soos BMW gebring het. ’n Plaaslike regsfirma wat betrokke is, is LHL wat onlangs bekend geword het vir ’n klasaksie wat teen Tiger Brands gebring is oor die listeriose-uibreking.

’n Woordvoerder van die regsfirmas het gesê die applikant is ’n persoon wat vir jare in Steinhoff se aandele belê het en baie geld verloor het. Sy is die verteenwoordigende eiser wat die klasaksie bring. Die volgende stap is om die hofaansoek as ’n klasaksie te laat registreer.

Die respondente is 42 partye insluitende voormalige en huidige direkteure van Steinhoff van beide die Nederlandse maatskappy en die Suid-Afrikaanse maatskappy. Dit sluit ook maatskappye in wat betrokke was met die opstel van die prospektus toe Steinhoff in Nederland geïnkorporeer is en einde 2015 op die Frankfurtse aandeelbeurs genoteer het. Dit sluit ook Deloitte Suid-Afrika in.

Die woordvoerder het gesê dit is sover bekend die eerste klasaksie teen ’n genoteerde maatskappy in Suid-Afrika.

Dit is ook die eerste Suid-Afrikaanse gebaseerde klasaksie vir skade wat deur aandeelhouers van Steinhoff se beleggers gely is. ’n Klasaksie is reeds in Nederland gebring.

Steinhoff se markwaarde het met amper R200 miljard geval sedert vroeg in Desember aangekondig is Markus Jooste het as uitvoerende hoof bedank en dat die maatskappy nie sy jaarresultate kan uitreik nie weens rekenkundige ongerymdhede.

Oor hoe groot die potensiële eis kan wees, het hy gesê dit is moeilik om nou te sê. “Dit vereis baie getuienis van kundiges om dit te bepaal.”

Business Day het Woensdagaand berig die eis vir skadevergoeding kan sowat R185 miljard beloop.

Strak gesigte. Christo Wiese, voorheen die grootste aandeelhouer van Steinhoff, in Januarie op die sitting in die Parlement oor Steinhoff. Hy het vertel watter groot skok die gebeure in Desember vir hom was. Foto: Nellie Brand-Jonker

“Ek dink dit is bedrag wat beleggers verloor het. Dis die verlies in die waarde van die aandeelprys maar of dit geëis sal kan word, sal ons moet wag en sien,” het die woordvoerder gesê.

Hy wou hom nie uitlaat oor hoe hulle op die direkteure besluit het nie omdat dit te veel gaan weg gee oor die strategie met die regsgeding.

Business Day het berig die direkteure sluit in Jooste, die voormalige finansiële hoof Ben La Grange, en Christo Wiese, voormalige voorsitter van Steinhoff. Dit sluit ook in Danie van der Merwe, die huidige uitvoerende hoof en jarelange direkteur van Steinhoff.

TILP het in Desember in ’n verklaring gesê beleggers kan miljarde se skadevergoeding in Duitse howe eis

Meer oor:  Steinhoff  |  Klasaksie  |  Groepsgeding  |  Hofaansoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.