Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff eis Markus Jooste se salaris terug

Steinhoff het Woensdag hofstukke ingedien waarin die maatskappy R870 miljoen van Markus Jooste eis, berig die Financial Mail.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff. Foto: Argief

Daarby word R272 miljoen van Ben la Grange geëis.

Jooste is Steinhoff se voormalige uitvoerende hoof en La Grange die voormalige finansiële hoof.

Die Financial Mail berig die geld is vir salarisse en bonusse wat Jooste vanaf 2009-’15 verdien het en wat La Grange van 2015-’18 verdien het.

Regskoste en rente op die geld word ook geëis.

Die dagvaardings, wat by die Wes-Kaapse hooggeregshof ingedien is, is glo reeds op Jooste en La Grange bestel.

Die maatskappy het verlede week in sy jaarverslag vir die 2018-boekjaar daarop gesinspeel dat hy geld gaan terugeis. Die maatskappy het gesê sowel die huidige bestuursdireksie as die toesighoudende direksie bly daartoe verbind om die reg om vergoeding terug te vorder, te gebruik, “waar toepaslik”.

Hy het ook aangekondig dat hy PwC versoek het om met “fase twee” van ’n forensiese ondersoek te begin. Dié deel van die ondersoek sal gaan oor “sekere vraagstukke wat geïdentifiseer is . . . wat nie wesentlik is vir die maatskappy se finansiële state nie, maar wat om ander redes belangrik kan wees en daarom verdere ondersoek, gevolgtrekkings en resolusie vereis.”

Steinhoff se aandeelprys het in Desember 2017 gesink toe die maatskappy aangekondig het dat Deloitte, sy eksterne ouditeur, boekhou-ongerymdhede ontdek het. Vroeër vanjaar het Louis du Preez in die parlement agt mense se name bekend gemaak wat volgens PwC se forensiese ondersoek by bedenklike transaksies betrokke was. Jooste en La Grange was onder hulle.

Volgens die Financial Mail lig die hofstukke transaksies met Campion/Fulcrum, Talgarth en TG uit. In Steinhoff se 2017-resultate is R234 miljard se bates afgeskryf, die meeste van hulle weens transaksies met dié groepe.

Steinhoff kon in sy 2018-jaarverslag nie die versekering gee dat die maatskappy op lang termyn as ’n lopende saak sal kan voortbestaan nie. Deloitte wou vir die tweede jaar in ’n ry nie ’n ouditmening uitspreek nie.

Steinhoff het nog nie op navrae oor die hofsaak gereageer nie.

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Ben La Grange  |  Kleinhandelaars  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.