Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff-filiaal gaan dividende uitkeer

Steinhoff Investment Holdings (SIH) het Woensdag gesê hy gaan ’n dividend van R4,91 per aandeel in Oktober aan die houers van voorkeuraandele uitkeer.

Dit kom neer op R3,92 per aandeel nadat dividendterughoudingsbelasting van 20% afgetrek is, tensy die houer van dividendterughoudingsbelasting gevrywaar is.

Daar is 15 miljoen uitgereikte voorkeuraandele. Die dividend sal op 14 Oktober uitgekeer word.

SIH is ’n volfiliaal van Steinhoff International.

SIH het tot dusver nog net voorkeuraandele uitgereik en is net in Suid-Afrika genoteer. Verhandeling van sy aandele is egter reeds in Maart 2018 deur die JSE opgeskort omdat hy nie aan die beurs se noteringsvereistes voldoen nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.