Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff-filiaal maak fout met somme oor dividend

Steinhoff Investment Holdings (SIH) sê die dividend wat hy Woensdag aangekondig het bevat ’n “berekeningsfout” en is eintlik kleiner.

’n Hele 72c kleiner.

Die maatskappy het Woensdag op die JSE se nuusdiens, Sens, ’n dividend van R4,91 per aandeel aangekondig wat in Oktober aan houers van voorkeuraandele uitgekeer sou word.

Laat Donderdagmiddag het dit aan die lig gekom dat die eintlike bedrag veronderstel is om R4,19 te wees.

SIH het nou amptelik die korrekte bedrag aan beleggers bevestig.

Die dividend sal na verwagting op 14 Oktober uitgekeer word.

Ná dividendterughoudingsbelasting van 20% afgetrek is sal die netto bedrag eerder R3,35 wees.

SIH is ’n volfiliaal van Steinhoff International.

SIH het tot dusver nog net voorkeuraandele uitgereik en is net in Suid-Afrika genoteer. Verhandeling van sy aandele is egter reeds in Maart 2018 deur die JSE opgeskort omdat hy nie aan die beurs se noteringsvereistes voldoen nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.