Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff-filiaal stel resultate wéér uit

Steinhoff Investment Holdings (SIH) gaan nie meer sy 2017- en 2018-resultate op 28 Junie uitreik soos vroeër aangekondig is nie.

Die maatskappy verwag nou dat die syfers eers in September uitgereik gaan word.

Die JSE in Sandton, Johannesburg, waar Steinhoff Investment Holdings genoteer is. Foto: Elvira Wood

SIH is ’n volfiliaal van Steinhoff International wat meubels vervaardig en versprei, en logistiekdienste aan verskeie sektore lewer.

SIH het net voorkeuraandele uitgereik en is net in Suid-Afrika genoteer. Die verhandeling van sy aandele is reeds in Maart 2018 opgeskort omdat hy nie aan die JSE se noteringsvereistes voldoen het nie. Die JSE vereis dat resultate binne drie maande ná die einde van ’n maatskappy se boekjaar uitgereik word.

“Ongelukkig, en ondanks grootse pogings wat alle partye aangewend het, het die buitengewone kompleksiteit wat teëgekom is om die internasionale groepsyfers uit te reik, dit onmoontlik gemaak om die SIH-syfers parallel daarmee te voltooi.

“Daarom is dit nou duidelik dat die tydlyn wat voorheen gestel is, nie gehaal kan word nie,” sê SIH in sy Sens-verklaring.

Steinhoff International het sy primêre notering in Frankfurt, Duitsland, en dié aandelebeurs het nooit die verhandeling van die aandeel opgeskort nie.

Steinhoff International, wat Dinsdagnag eindelik sy 2018-resultate uitgereik het, is nou byna-byna op hoogte met die uitreiking van al sy resultate. Die 2017-resultate, wat die Steinhoff-skandaal in Desember 2017 op loop gesit het, is in Mei uitgereik.

Die tussentydse resultate vir die 2019-boekjaar word op 12 Julie uitgereik. Dis binne die vier maande wat die Frankfurtse Aandelebeurs toelaat.

SIH se aandeel was met die opskorting van verhandeling R44,01 werd. Daarteenoor het Steinhoff International se aandeel van R55,81 op 2 Desember 2017 tot net R1,37 Woensdag geval - ’n daling van byna 98%.

Meer oor:  Steinhoff International  |  Steinhoff  |  Bedrog  |  Kleinhandel  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.