Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff gee Europese filiaal ’n nuwe naam

Steinhoff International het die naam van sy Europese filiaal, Pepkor Europe, verander. Dit sal nou as Pepco Group bekend staan.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff. Foto: Getty Images

Pepco is ook die naam van die meubelhandelgroep se Sentraal-Europese bedrywighede en die naamsverandering word volgens ’n Sens-verklaring gedoen om dié verband te versterk.

Volgens Steinhoff is dit die hoogtepunt van ’n jaar van “beduidende ontwikkeling en nagroei”

Die groep het langtermynfinansiering ter waarde van €475 miljoen herfinansier, sy bestuurspan met verskeie senior aanstellings versterk en vaar op bedryfsvlak goed, luidens die verklaring.

Dis nou byna twee maande voor die tweejaar-herdenking van die bom wat oor Steinhoff gebars het toe Deloitte, destyds sy eksterne ouditeur, geweier het om sy 2017-jaarsyfers af te teken weens rekenkundige onreëlmatighede. Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, en Ben la Grange, voormalige finansiële hoof, word in ’n siviele saak vir hul salarisse en bonusse gedagvaar omdat hulle in beheer was tydens dié onreëlmatighede.

Geen strafsaak is al aanhangig gemaak nie.

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Ben La Grange  |  Kleinhandelaars  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.