Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: ‘Grootskaalse bedrog deur min mense’
steinhoff
Steinhoff was altyd die hoofborg van die Maties-rugbyspan. Foto: Getty Images

Dr. Johan van Zyl, voormalige direkteur van Steinhoff, sê bedrog is “op groot skaal” by dié meubelhandelaar gepleeg, volgens die forensiese verslag wat PwC ná ’n ondersoek van meer as ’n jaar lank opgestel het.

Van Zyl het in ’n video-onderhoud met CNBC Africa gesê die verslag is klaar en hy het dit gelees.

“Die aanvanklike opsomming is dat daar bedrog op ’n groot skaal was, maar, jy weet, gefokus om ’n paar individue . . . Dis presies wat die uitkoms is.”

Van Zyl sê die uitvoerende opsomming van die verslag – wat glo volumes beloop – word binnekort openbaar gemaak.

“Die waarheid moet uitkom... Ons wil nie fopnuus hieroor hê nie,” sê hy.

Steinhoff het begin Desember 2017 aangekondig dat sy jaarresultate nie uitgereik kan word nie weens “boekhoukundige onreëlmatighede”. Markus Jooste het toe as uitvoerende hoof bedank en die groep se aandeelprys het in duie gestort. Dit het binne ’n paar dae van R55,81 tot net R6 – ’n val van byna 90% – getuimel en toe selfs verder. Vrydagoggend was die aandeel R1,94 werd.

Van Zyl sê ook die verslag sal aan die owerhede oorhandig word met die oog op vervolging.

“Mense moet agter tralies beland.”

Hy verwys na die nuusberigte en ondersoeke oor korrupsie en staatskaping en die feit dat min mense tot nog toe daarvoor vervolg is.

“Daar is geen goeie presedent nie en dit bring mee dat mense dink hulle kan doen wat hulle wil en daarmee wegkom. Kom ons fokus op die paar dinge wat ons kan bewys en wat redelik ooglopend is.”

Hy sê verder dit help nie om mense van 100 misdade aan te kla nie, hulle moet eerder van drie groot dinge aangekla word en daaraan skuldig bevind word.

Daar is geen goeie presedent nie en dit bring mee dat mense dink hulle kan doen wat hulle wil en daarmee wegkom. Kom ons fokus op die paar dinge wat ons kan bewys en wat redelik ooglopend is.
Johan van Zyl

Van Zyl spreek sy lof uit vir die stelsel van pleitooreenkomste wat minstens meebring dat mense skuldig bevind word.

Gevra of hy gaan getuig as hy geroep word, het Van Zyl bevestigend geantwoord, maar bygevoeg: “Ek kan net getuig oor wat ek weet.”

Hy sê as direkteur was hy die einde van die ketting van inligting en as daar reeds met dinge soos resultate gekonkel is, is dit moeilik vir direkteure om dit vas te stel.

Hy het voorheen ook in die parlement getuig dat hy nog voordat hy in Mei 2016 as direkteur op die toesighoudende direksie aangestel is, vrae gevra het. Dit was nadat dit bekend geword het dat Steinhoff deur die Duitse owerhede oor belastingsake ondersoek word.

“Ek het baie vrae gevra vir die ouditeure gevra. Ek het na bankiers gegaan en hulle het gesê alles werk goed. Hulle sal dit verwelkom as ek in die direksie is. Aandeelhouers het gesê alles is goed. En ’n jaar later is daar issues.”

Aan CNBC Africa het Van Zyl gesê daar moet ’n vertrouensverhouding tussen die bestuur van ’n maatskappy en sy direksie wees – dis soos ’n huwelik, wat nie sonder vertroue kan werk nie.

Tog is een van die lesse wat hy uit die Steinhoff-skandaal geleer het juis om daardie vertroue te “bevraagteken”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.