Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff het nou 3 maande om te herstruktureer
Steinhoff se hoofkantoor in Stellenbosch.

Steinhoff se ooreenkoms vir ’n skuldstilstand met sy krediteure het Vrydag in werking getree.

Die maatskappy het Donderdag aangekondig hy het die vereiste aanvaarding van die krediteure van twee Europese en ’n Amerikaanse filiaal vir dié ooreenkoms gekry. Vrydag is aan verdere opskortende voorwaardes voldoen wat verseker het dat die ooreenkoms in werking tree.

Die partye wat deel is van die ooreenkoms moet nou binne die komende drie maande die herstrukturering van Steinhoff in werking stel. Die ooreenkoms lê sekere beperkinge op krediteure om Steinhoff ’n blaaskans tot dan te gee. Dit voorkom dat enige van die krediteure in die komende paar maande stappe oor skuld teen die groep doen.

Sodra die herstrukturering in die komende maande in werking gestel word, skop die terme van die skuldstilstand vir drie jaar in. Die terme van die herstrukturering sluit in dat onder meer nuwe direkteure wat die krediteure verteenwoordig op Steinhoff se twee direksies aangestel word en ’n litigasiekomitee saamgestel word wat toesig sal hou oor al die regseise teen die groep. Die terme sluit ook in sekere ondernemings wat gemaak word ten opsigte van die verkoop van wesenlike bates tydens herstrukturering.

Steinhoff se aandeelprys het om 14:00 met 6% of 21c gedaal tot R3,35. Dit is nadat die aandeelprys Donderdag ná die aankondiging van die aanvaarding van die skuldstilstand deur krediteure skerper met 18% of 56c gestyg het.

Nog ’n Europese filiaal waardeur finansiering gedoen is, Hemisphere International Properties, het aangekondig dat 91% van sy leners die terme van sy herstrukturering goedgekeur het. Die volgende stap is om met die leners die terme van ’n ooreenkoms vir ’n skuldstilstand te onderhandel.

Van die terme van die herstrukturering van Hemisphere is dat hy sy 750 miljoen-lening wil herfinansier met ’n termynlening wat oor drie jaar sal verval. Sy bates gaan in die tyd verkoop word en die maatskappy gaan gesluit word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.