Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Hoekom Deloitte wéér nie ouditmening gee

Dit kan nog ’n paar boekjare duur voordat Deloitte, Steinhoff se eksterne ouditeur, bereid sal wees om ’n ongekwalifiseerde handtekening op die groep se resultate te plaas.

Deloitte se Londense kantoor. Foto: Getty Images

Deloitte het verlede week vir die tweede stel jaarsyfers, dié vir die boekjaar tot einde September 2018, geweier om ’n ouditmening oor Steinhoff se boeke uit te spreek.

Die jaarverslag, wat Dinsdagnag uitgereik is, maak dit ook duidelik dat verskeie probleme met die groep se boeke “langer sal neem om op te los”.

Die heel belangrikste probleem is die vraag: Kan Steinhoff as ’n lopende saak beskou word?

Weens sy enorme skuldlas en krediteure wie se geduld tot die uiterste beproef word, asook die dreigement van tientalle hofsake, sê die direksie in die jaarverslag die maatskappy is voorlopig wel ’n lopende saak. Dit sal egter slegs kan voortduur as “die bestuursdireksie en bedryfsbestuur genoeg tyd [kry] om die groep te stabiliseer en waarde op bedryfsvlak te hervestig”.

In die proses sal handelsname verkoop moet word om die groep se skuld tot “beheerbare vlakke” te verminder.

LEES OOK: Is Steinhoff nog ’n lopende saak?

  

2017-jaarsyfers: 9 redes vir Deloitte se besluit

  

In die 2017-boekjaar, waarvan die resultate in Mei vanjaar uitgereik is, het Deloitte nege redes aangegee waarom hy nie ’n ouditmening kan gee nie.

1. Wesenlike onsekerhede oor of Steinhoff ’n lopende saak is.

2. Wesenlike onsekerheid oor die regsgedinge en eise teen die groep.

3. Wesenlike onsekerheid oor die belastingimpak van die heraangee van en aanpassings aan die syfers wat gemaak moes word om die rekeningkundige ongerymdhede reg te stel.

4. Wesenlike onsekerheid oor die gevolgtrekkings oor die beheer wat Steinhoff uitoefen oor sekere ondernemings waaroor die ondersoek gehandel het.

5. Wesenlike onsekerheid oor wat Steinhoff se belegging in Conforama is.

6. Wesenlike onsekerhede oor die tydsberekening van die aanpassings waarvoor die herstaterings gedoen is.

7. Wesenlike onsekerhede oor die tydsberekening van sekere eiendomstransaksies.

8. Wesentlike onsekerhede oor die reserwe vir buitelandse-valuta-omrekening. (Dis die reserwe wat gebruik word om die resultate van filiale buite die eurogebied om te reken in euro, waarin Steinhoff verslag doen.)

9. Deloitte het nie toegang gekry tot die finansiële resultate vir Kika-Leiner vanaf die maatskappy wat hom intussen gekoop het om die ouditproses te doen nie.

  

2018-jaarsyfers: 8 redes vir Deloitte se besluit

  

Slegs een van die nege probleme wat Deloitte met die 2017-syfers gehad het, het in die 2018-jaarverslag weggeval. Dis nr. 6, naamlik “wesenlike onsekerhede oor die tydsberekening van die aanpassings waarvoor die herstaterings gedoen is”.

  

2019-syfers: 5 probleme gaan voortduur

  

Die jaarverslag sê nog drie redes waarom die ouditmening nie gegee is nie, gaan dalk wegval teen die tyd dat Steinhoff sy syfers vir die 2019-boekjaar uitreik. Dié syfers, vir die boekjaar tot einde September vanjaar, word nie voor Desember verwag nie.

Die probleme wat dus voor die einde van die lopende boekjaar uitgesorteer kan word, is:

4. Wesenlike onsekerheid oor die gevolgtrekkings oor die beheer wat Steinhoff uitoefen oor sekere ondernemings waaroor die ondersoek gehandel het.

7. Wesenlike onsekerhede oor die tydsberekening van sekere eiendomstransaksies.

9. Deloitte het ook nie toegang gekry tot die finansiële resultate vir Kika-Leiner vanaf die maatskappy wat hom intussen gekoop het om die ouditproses te doen nie.

Die probleme wat volgens die jaarverslag nog “geruime tyd” gaan voortduur, is dus:

1. Wesenlike onsekerhede oor of Steinhoff ’n lopende saak is.

2. Wesenlike onsekerheid oor die regsgedinge en eise teen die groep.

3. Wesenlike onsekerheid oor die belastingimpak van die heraangee van en aanpassings aan die syfers wat gemaak moes word om die rekeningkundige ongerymdhede reg te stel.

5. Wesenlike onsekerheid oor wat Steinhoff se belegging in Conforama is.

8. Wesentlike onsekerhede oor die reserwe vir buitelandse-valuta-omrekening.

Meer oor:  Conforama  |  Steinhoff  |  Deloitte  |  Kika-Leiner  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel  |  Meubels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.