Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Hofsaak uitgestel tot Vrydag 13de

’n Hofsaak wat vandeesweek in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor sou word oor Steinhoff se skikking, is tot volgende week uitgestel.

Steinhoff wil die skadevergoedingseise en regsgedinge teen hom skik.

Die hofaansoek waarin aandeelhouers van Steinhoff die hof vra vir ’n verklarende bevel oor hoe hy sy krediteure in die skikking verdeel het, sou van Woensdag tot Vrydag aangehoor geword het.

LEES OOK: Hoftwis oor Steinhoff se SA skikking warm op

Hamilton, ’n onderneming wat ’n klomp batebestuurders in Suid-Afrika verteenwoordig, het die aansoek aanhangig gemaak.

Nog ’n aandeelhouer, Trevo Capital, het einde Maart toestemming gekry om tot die saak toe te tree.

Trevo Capital het onlangs ’n hofsaak gewen wat as ’n groot terugslag vir die skikking beskou is.

Dit is waarskynlik oor dié uitspraak wat vandeesweek se hofsaak uitgestel is.

Steinhoff het ná dié uitspraak sy skikkingsaanbod aan sekere krediteure op 16 Julie verhoog. Volgens Steinhoff hou dit egter verband met die verbetering in sy finansiële vertoning.

Die eerste aanbod is einde Julie verlede jaar aangekondig.

Steinhoff wil die talle skadevergoedingseise en regsgedinge teen hom skik wat ontstaan het nadat hy einde 2017 ongerymdhede met sy boeke aangekondig het.

Twee prosesse word gevolg, onderskeidelik onder Nederlandse en Suid-Afrikaanse wetgewing.

In die onlangse aanbod is die aanbod aan sekere eisers met 66% of 243 miljoen tot 613 miljoen verhoog.

Die aanbod is verhoog vir die aandeelhouers wat hul aandele van Steinhoff International Holdings NV (SIHNV) en in die Suid-Afrikaanse maatskappy Steinhoff International Holdings (SIHPL) gekoop het. Die aandeelhouers wat iets verkoop het aan SIHNV in ruil vir sy aandele (sogenaamde kontraktuele eisers) is by die verhoogde aanbod ingesluit.

Die aanbod aan kontraktuele eisers van SIHPL (wat insluit ondernemings wat aan Christo Wiese behoort) is nie verhoog nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.