Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff kreun onder koste van R1,3 mjd. in 6 maande

Die sukkelende Steinhoff-groep het in sy resultate vir die halfjaar tot einde Maart gesê die koste om sy sake te herstel, het ’n wesenlike impak op sy resultate.

steinhoff
Louis du Preez, uitvoerende hoof van Steinhoff, en Heather Sonn, voorsitter van die direksie. Foto: Nellie Brand-Jonker

Die rekeninge van adviseurs beloop 82 miljoen net vir die halfjaar.

In vandag se wisselkoers beloop dit nagenoeg R1,28 miljard. Dit kom neer op rofweg R214,7 miljoen per maand of R9,7 miljoen per werkdag, het Netwerk24 bereken.

As gevolg van die gebeure van Desember 2017, toe Steinhoff aangekondig het sy resultate vir die boekjaar tot einde September kan nie uitgereik word nie en dit tot die ineenstorting van sy aandeelprys gelei het, moes talle adviseurs aangestel word om onder meer forensiese ondersoeke te doen en regsadvies en ander advies te gee.

Die totale rekeninge van die adviseurs vir die ses maande sluit in:

  • 11 miljoen wat met die forensiese ondersoek na sy boeke te doen het en tegniese rekenkundige ondersteuning; en
  • 30 miljoen vir adviseurs wat met die herstrukturering van sy skuldlas te doen het.

“Hoewel elke poging moontlik aangewend word om koste te beperk, verwag ons die koste gaan nog vir ’n tyd lank ’n realiteit bly,” skryf die uitvoerende direkteure onder leiding van die uitvoerende hoof, Louis du Preez.

Volgens hom is daar nog waarde in die groep omdat van die bedryfsmaatskappye sterk vertoon, soos Pepkor Africa en Pepkor Europe, terwyl ander nog besig is om te keer met bemoedigende tekens, soos Mattress Firm.

Steinhoff se hoofkantoor in Stellenbosch.

“Daarom het ons in die eerste helfte van die jaar die eerste stappe geneem op die lang reis om die groep te herstel.”

Ten spyte van die kopsere in die halfjaar het verkope van voortgesette bedrywighede met 3% tot 6,8 miljard verhoog.

Die bedryfswins uit voortgesette ondernemings (dus uitgesluit Mattress Firm, onder meer) het omgekeer van ’n verlies in die ooreenstemmende halfjaar van 78 miljoen na ’n bedryfswins van 212 miljoen.

Die inkomstestaat toon egter ná finansieringskoste, wat wesenlik toegeneem het tot 483 miljoen, word ’n nabelaste verlies van 356 miljoen steeds gely. Dit is effens kleiner as die verlies van 392 miljoen in die 2018-halfjaar.

Die finansieringskoste het wesenlik gestyg as gevolg van hoër rente op lenings ná die finansiële herstrukturering asook transaksiekoste wat met ’n skuldstilstand-ooreenkoms te doen het.

Die groep se skuld bly hoog en het einde Maart 9,1 miljard beloop.

Of Steinhoff ’n lopende saak is, het die direksie bepaal die groep en die maatskappy kan gegrond op sekere belangrike aannames in bedryf bly vir die komende 12 maande. Die belangrike aannames hou verband met:

  • Die regsgedinge teen die groep en dat geen wesenlike eise of boetes binne die komende jaar teen die groep gaan kom nie.
  • Belasting, waaroor steeds ’n wesenlike onsekerheid hang omdat die impak op belasting van die ongerymdhede met sy boeke onseker is.
  • Die herstrukturering van sy skuld en of die reddingsplanne wat oorsee aan die gang is, heeltemal inn werking gestel kan word. ’n Verdere vertraging verhoog die adviseurskoste en is negatief vir die kontantvloei van die groep. Indien die reddingsplanne misluk, gaan dit ’n wesenlike negatiewe impak op die likiditeit van die groep hê.

Die uitvoerende direksie het weer aandeelhouers se aandag daarop gevestig dat die groep se bedryfslaste sy bedryfsbates oorskry en dat die wesenlike onsekerhede vir meer as die afsienbare toekoms gaan voortduur.

Bedryfsbates beloop 5,7 miljard terwyl die bedryfslaste 11,7 miljard beloop.

“Dié feite plaas wesenlike twyfel op die maatskappy se vermoë om as ’n lopende saak in die afsienbare toekoms voort te gaan.

“Om as ’n lopende saak voort te gaan, het die uitvoerende direksie en die bedryfsbestuur genoeg tyd nodig om die groep te stabiliseer en weer waarde op bedryfsvlak te herstel.

“Dit sal die groep in staat stel om bates nie onder dwang te verkoop nie en dus meer waarde te kry om die skuld terug te betaal of dit tot bestuurbare vlakke te kry.”

Die direkteure het bygevoeg terselfdertyd sal ’n oplossing vir die potensiële regsgedinge teen die groep gesoek en in werking gestel moet word.

Meer oor:  Pepkor  |  Steinhoff  |  Louis Du Preez  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.