Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Nog ’n filiaal stap weg van Steinhoff-naam
Markus Jooste, voormalige hoof van Steinhoff, verlede maand in die parlement. Foto: Jaco Marais

Nog ’n filiaal van Steinhoff het sy naam verander om geen verwysing meer na die maatskappy te hê nie.

Steinhoff Asia Pacific Group Holdings het Donderdag aangekondig hy het sy naam na Greenlit Brands verander. Dit is die tweede filiaal van Steinhoff wat sy naam verander het. Steinhoff Africa Retail (Star) het ook onlangs sy naam na Pepkor verander.

Greenlit Brands besit onder meer vir Feedom, Fantastic Furniture, Snooze, Plush, OMF, Best & Less, Harris Scarfe en Postie.

Meer as 10 000 mense werk vir Greenlit Brands. Die maatskappy het 640 winkels in Australië en Nieu-Seeland.

“Ons het wonderlike handelsname wat hul oorsprong hier het, en wat geliefd is onder verbruikers in  Australië en Nieu-Seeland,” het Michael Ford, uitvoerende hoof, gesê.

Greenlit het ook aangekondig hy het ’n nuwe leningsgerief van banke in Australië gekry. Die banke het die leningsgerief van Australiese $256 miljoen aan Greenlit verskaf om sy bestaande skuld te herfinansier.

As deel van die herstrukturering van Greenlit se skuld word Steinhoff NV en Steinhoff Europe AG (SEAG) vrygeskeld van die waarborge wat hulle voorheen vir sy lenings verskaf het.

Die herfinansiering word beskou as nog ’n mylpaal in die algehele herstrukturering van die groep se skuldlas.

“Om langer termyn finansiering vir Greenlit te kry is ’n groot stap vorentoe vir die groep,” het Michael Gordon, finansiële hoof, gesê. “Dit gee ons personeel, verskaffers en sakevennote sekerheid oor die groep.”

Greenlit bly ’n volfiliaal van Steinhoff International.

“Geen besluit is geneem om die eienaarskap te skei nie. Die groep gaan op gelegener tyd die verskillende opsies oorweeg.” 

Meer oor:  Steinhoff  |  Australië  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.