Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff maak R4,8 miljard uit verkoop van aandele

Steinhoff het sy volle belang van 26% in KAP Industrial oornag verkoop en só R4,8 miljard ingevorder.

KAP se logistiekafdeling sluit Unitrans en Greyhound in.

Die versnelde boekbou is Dinsdagmiddag laat aangekondig; teen Woensdagoggend vroeg was dit afgehandel. Steinhoff sê  die boekbou was oorvolskryf (wat beteken daar was belangstelling om meer aandele te koop as wat beskikbaar was).

Steinhoff het gemiddeld R6,85 per aandeel vir die nagenoeg 694 miljoen aandele verdien. Dis sowat 9,3% minder as KAP se sluitingsprys Dinsdagaand van R7,56.

Steinhoff wil van die geld gebruik om sy skuld te kan betaal nadat ’n herstruktureringsplan met krediteure ooreengekom is.

KAP is ’n gediversifiseerde vervaardiger van onder meer sponsmatrasse en beddens (Restonic), motoronderdele en plastiek (Safripol). KAP het ook ’n vervoerafdeling (onder meer Unitrans en Greyhound).

Die stap beteken dat Steinhoff glad nie meer ’n belang in KAP sal besit nie. Steinhoff-direkteure wat op KAP se direksie dien, sal bedank. Dit sluit in Louis du Preez, uitvoerende hoof van Steinhoff, en Theo de Klerk, bedryfshoof.

Meer oor:  Steinhoff  |  Kap Industrial  |  Pwc  |  Louis Du Preez  |  Theo De Jager  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Vervaardigers  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.