Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Nog R1 mjd. vir adviseurs, regskoste

Die ontrafeling van sy ingewikkelde sake en die advies en regskoste om die groep te stabiliseer en te herstruktureer, het Steinhoff die afgelope boekjaar nog R1 miljard uit die sak gejaag.

steinhoff
Louis du Preez, uitvoerende hoof van Steinhoff, en Heather Sonn, voormalige voorsitter van die direksie, tydens 'n terugvoersessie in die parlement. Foto: Nellie Brand-Jonker

Die 58 miljoen wat bestee is, is weliswaar drasties minder as die 158 miljard (R2,9 miljard in vandag se wisselkoers) in die 2019-boekjaar.

Sedert einde 2017 beloop dié koste al meer as 333 miljoen (amper R6 miljard).

Dit is ’n derde van die 943 miljoen wat die groep beoog om vir ’n skikking te betaal met aandeelhouers wat eise teen hom ingestel het.

Steinhoff sê as gevolg van die gebeure in Desember 2017 (toe aangekondig is sy geouditeerde jaarstate kan nie uitgereik word nie weens ongerymdhede met sy boeke wat verder ondersoek moet word) is ’n “wye verskeidenheid professionele adviseurs betrek om hom te help met sy ondersoeke en om adviese te gee oor regs-, finansiële en regulatoriese sake terwyl die groep gestabiliseer en geherstruktureer word.

“Die omvang en kompleksiteit van hierdie taak beteken dat die totale koste van adviseurs, hoewel dit minder as die vorige jaar is, weereens beduidend is.”

Die vernaamste adviesdienste waarvoor betaal is, sluit in vir regsadviseurs in verskillende jurisdiksies insluitende Suid-Afrika, Brittanje, Nederland, Oostenryk en Duitsland; finansiële en korporatiewe adviseurs wat die groep help met die samesprekings met sy skuldeisers; forensiese ondersoekers; en adviseurs oor regulatoriese en belastingkwessies.

As deel van die herstruktureringsproses word daar ook van die groep vereis om die adviseurspanne van elke groep krediteure te betaal, insluitende hul regskoste, finansiële adviseurs en regulatoriese en belastingadviseurs.

Meer oor:  Steinhoff  |  Regskoste  |  Markus Jooste  |  Skikking  |  Herstrukturering  |  Uitgawes  |  Forensiese Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.