Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff nou slegs 99c per aandeel werd

Die beleërde kleinhandelaar Steinhoff se aandeelprys het Maandag die laagste vlak nóg – net 99c – getref.

Louis du Preez, Reuters-foto
Louis du Preez, uitvoerende hoof van Steinhoff. Foto: Reuters

Die aandeel het die dag byna 5% laer gesluit nadat dit Vrydag nagenoeg 12% getuimel het en op die laagste vlak nóg, R1,04, gesluit het.

Dis ’n daling van meer as 98% sedert die Steinhoff-skandaal op 4 Desember 2017 losgebars en Markus Jooste as uitvoerende hoof bedank het. Die handelsdag voor Steinhoff se aankondiging dat hy weens rekenkundige onreëlmatighede nie sy 2017-jaarsyfers kan uitreik nie, het Steinhoff op R55,81 gesluit.

Sowat drie en ’n half jaar gelede, op 8 April 2016, het Steinhoff sy hoogste sluiting in vyf jaar, van R95,08, gehaal.

Dis nie ooglopend wat dié nuwe bewerasie veroorsaak het nie. Steinhoff het wel verlede Dinsdag sy eerste voorlegging aan beleggers sedert die opspraakwekkende gebeure van Desember 2017 gelewer.

Daarin het hy gesê ’n eis is in Oostenryk teen die maatskappy Top Global ingestel wat verband hou met R5,1 miljard (€300 miljoen) wat die maatskappy glo aan sy filiaal Steinhoff Europe skuld.

Woensdag is bekend gemaak Steinhoff se finansiële herstrukturering is in werking gestel nadat die finale stappe om dit moontlik te maak, afgehandel is. Louis du Preez, uitvoerende hoof, het gesê dit het 20 maande geduur en was soos “om ’n bord spaghetti te ontrafel”.

Aandeelhouers sou met dié aankondiging egter ook verneem het dit gaan nog drie jaar duur voordat Steinhoff sy skuldlas kon afskud – met ’n enorme hoeveelheid onsekerheid wat steeds oor die maatskappy se toekoms hang. In 2021 moet Steinhoff al sy uitstaande skuld terugbetaal.

Du Preez het Dinsdag beklemtoon hoe belangrik dit vir Steinhoff se oorlewing is om skikkings te bereik in die regsgedinge teen die groep.

Die opgeloopte rente op Steinhoff se skuld sedert Desember 2018 beloop meer as die wins in die jongste halfjaar.

Meer oor:  Steinhoff  |  Louis Du Preez  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.