Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: OBK-hoë trap klei oor dié belegging

Fidelis Madavo, geskorste hoof van genoteerde beleggings by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), het Dinsdag behoorlik kleigetrap oor hoekom die korporasie nie gevaarligte gesien het wat betref sy belegging in Steinhoff nie.

Steinhoff se aandeelprys het in Desember 2017 binne ’n week van R50,25 tot R6 gedaal. Dit het later tot onder R2 geval en verhandel tans op sowat R1,88. Foto: Argief

Madavo, wat Maandagnag onverwags oor die Ayo-transaksie geskors is, het ondanks dié skorsing steeds voortgegaan met sy getuienis voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK.

Die kommissie onder leiding van regter Lex Mpati het Maandag met sy openbare sittings in die middestad in Pretoria begin.

Madavo was besig om te verduidelik hoe die OBK besluit om in genoteerde maatskappye te belê toe Mpati hom in die rede geval en gevra het hy moet verduidelik hoe die OBK probleme by Steinhoff misgekyk het.

Lees ook: Ayo skors 2 topbestuurders oor Ayo-transaksie

Die OBK het R9 miljard aan die bemagtigingsgroep Lancaster 101 geleen om aandele in Steinhoff International te koop.

Die OBK het daarna besluit om die kollateraal wat hy vir die lening gekry het, aan Citigroup te verkoop.

Die gevolg was dat die OBK een van dié was wat ’n groot verlies gely het toe Steinhoff se aandeelprys in Desember 2017 ineengestort het.

Dit is geld van die staatsamptenare se pensioenfonds (GEPF) wat gebruik is om aan Lancaster 101 te leen.

Madavo se verweer oor die transaksie was dat hoewel die OBK suksesvolle beleggings maak, hy hom ook soms misreken en beleggings nie so suksesvol is nie.

Hy het ook die ouditeure van Steinhoff geblameer dat aandeelhouers nie betyds ingelig is oor gebeure by dié maatskappy nie.

Netwerk24 het voorheen berig die GEPF het R4,2 miljard van sy lening aan Lancaster 101 afgeskryf, wat in 2016 ’n belang in Steinhoff gekoop het.

Lees ook: R4 mjd. se lening vir Steinhoff-aandele afgeskryf

Gill Marcus, lid van die kommissie en voormalige president van die Reserwebank, het Madavo ook gevra om te verduidelik hoe groot die OBK se belegging in Steinhoff was en hoeveel die GEPF met dié belegging verloor het.

Madavo het haar nie onmiddellik geantwoord nie, en het voortgegaan met sy tegniese verduideliking oor hoe beleggings gemaak word.

Meer oor:  Steinhoff  |  Obk  |  Fidelis Madavo  |  Gill Marcus  |  Lex Mpati  |  Obk-Ondersoek  |  Gepf  |  Openbare Beleggingskorporasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.