Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff paai beleggers oor R95,7 mjd. se bates

Kommer oor sowat R95,7 miljard se bates het waarskynlik gelei tot die skokkende gebeure by een van Suid-Afrika se grootste genoteerde maatskappye Steinhoff.

Christo Wiese, voorsitter van Shoprite en Steinhoff, in September saam met Ben la Grange, wat Woensdag as die uitvoerende hoof van Steinhoff Africa Retail bedank het, en Markus Jooste, uitvoerende hoof van Steinhoff Internasionaal, wat ook bedank het.

Steinhoff het Woensdag gesê hy kan nie sy geouditeerde finansiële jaarstate uitreik nie omdat nuwe ouditeure dit nog nie kon afteken nie. Hulle is nog besig om te kyk na verskeie beweerde ongerymdhede wat Steinhoff se jaarstate kan beïnvloed.

Die maatskappy se aandeelprys het daarna met 61% gedaal en miljarde rande se markwaarde is op die JSE uitgewis.

Donderdagoggend het die maatskappy weens die kommer in die mark nog ’n verklaring uitgereik om beleggers gerus te stel.

Daarin is gesê die toesighoudende direksie het Woensdag verdere oorweging gegee aan die sake wat ondersoek is.

Dit sluit in die geldigheid van die verhaalbaarheid van sekere nie-Suid-Afrikaanse bates van die maatskappy wat sowat 6 miljard (R95,7 miljard) beloop.

Ben la Grange

Steinhoff sê gegrond op die huidige inligting wat die direksie het, is daar geen bewyse dat Ben la Grange, finansiële hoof van Steinhoff International, enige betrokkenheid het by die sake wat ondersoek word nie.

Daarom gaan hy in die pos aanbly.

Hy het Woensdag as uitvoerende hoof van Star bedank sonder ’n verduideliking en dit het gelyk of dit met die aangeleentheid te doen het.

Nou word gesê hy bedank om op dié rol by Steinhoff International te fokus.

Die maatskappy het ook aangekondig hy wil beleggers gerusstel oor sy likiditeit.

Dit hou verband met die maatskappy se vermoë om sy bestaande bedrywighede te finansier en sy skuld te verminder.

Steinhoff het sowat R100 miljard se lenings en skuldbriewe.

Daarom gaan Steinhoff sekere van sy nie-kernbates verkoop om 1 miljard (R15,9 miljard) se likiditeit beskikbaar te stel.

Sy Suid-Afrikaanse filiaal Steinhoff Africa Retail (Star) gaan ook hom daartoe verbind om sy langtermynskuld te herfinansier.

Dit gaan ’n addisionele 2 miljard beskikbaar stel wat Steinhoff se balansstaat sal verstewig en aandeelhouers gerus sal stel oor sy vermoë om sy bestaande bedrywighede te finansier en sy skuld te verminder, lui die verklaring.

Meer oor:  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Christo Wiese  |  Ben La Grange  |  Beleggers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.