Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: R100 mjd. se bedrog oor 10 jaar

Sowat 6,5 miljard of R100 miljard se bedrog het oor tien jaar by die Steinhoff-groep met sekere verwante partye plaasgevind.

Die belangrikste verwante partye – wat buite Steinhoff was en gebruik is om deur middel van verskillende transaksies die groep se bates en wins te oordryf – word in ’n verklaring geïdentifiseer wat die groep Vrydagaand uitgereik het oor die forensiese verslag van PwC oor die ongerymdhede met sy boeke. Sommige transaksies was fiktief of ongerymd.

Die verslag identifiseer drie belangrike groepe maatskappye wat betrokke was.

Lees ook: Markus Jooste vermy ondersoekers al 14 maande

“Ander maatskappye is ook geïdentifiseer, tesame met die bevinding dat daar ’n praktyk was om soortgelyke name vir die entiteite te gebruik en maatskappyname te verander om verwarring tussen die entiteite te veroorsaak.”

Die drie belangrikste groepe maatskappye is:

  • Campion/Fulcrum-groep
  • Talgarth-groep
  • TG-groep

Die uiteindelike begunstigdes en eienaars van die groepe is in sommige gevalle tans steeds onbekend aan Steinhoff.

Danie van der Merwe (middel), voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, en Christo Wiese (regs), wat in Desember as voorsitter van die direksie bedank het. Die foto is met die notering van Steinhoff in Frankfurt in Desember 2015 geneem.

Die verklaring toon van die inkomste wat van 2009 tot 2017 uit die fiktiewe of ongerymde transaksies voortgespruit het. Dit beloop altesame 6,5 miljard of nagenoeg R100 miljard.

Die inkomste wat uit die transaksies voortgespruit het, is in baie gevalle nie deur die sogenaamde onafhanklike entiteite aan die groep betaal nie, maar dit het tot lenings en debiteure gelei wat aan die groep geskuld is wat geen indien enige waarde gehad het en wat nooit betaal is nie.

In baie gevalle is die nie-verhaalbare debiteure só behartig dat die uiteinde ’n beweging in lenings was wat in die boeke getoon is as ’n terugbetaling.

Die finansiële impak van die bevindinge van die PwC-verslag word nog bepaal.

Die impak sal sover moontlik weerspieël word in die hersiene saldo’s vir die 2015-boekjaar, wat deel moet vorm van die herstateerde finansiële jaarstate vir 2016 en dan die finansiële state van 2017 en 2018 wat albei nog gepubliseer moet word.

Die groep glo nou die herstatering verlede jaar in die resultate vir die halfjaar tot einde Junie van sy

ekwiteitsposisie is “wesenlik verskillend”.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pwc  |  Bedrog  |  Kleinhandel  |  Kleinhandelaar  |  Meubelhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.