Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff sê by voorbaat resultate gaan laat wees

Die herstrukturering van filiale en die onderhandeling oor ’n skikking oor regseise bly vir Steinhoff se rekenmeesters en ouditeurs ’n enorme nagmerrie.

A company sign stands above the Steinhoff Internat
Steinhoff se hoofkantoor in Stellenbosch. Foto: Getty Images

Die meubelhandelgroep het Maandag aangekondig hy gaan nie die sperdatum van 29 Januarie 2021 haal vir die uitreiking van sy jaarverslag vir die boekjaar wat in September geëindig het nie.

Die een rede is die groot getal verkoopstransaksies en herstrukturerings van die groep wat in die jaar plaasgevind het en steeds voortgaan. Dit moet hersien word om seker te maak die groep voldoen aan internasionale standaarde oor finansiële verslagdoening (IFRS).

Steinhoff het onder meer in die boekjaar sy Franse filiaal, Conforama, verkoop.

Daarby moet die invloed van die voorgestelde skikking met die aandeelhouers wat hom hof toe wou sleep, nog verreken word. Steinhoff het einde Julie bekend gemaak wat sy voorstel is om hopelik ’n einde te bring aan die meer as 90 hofsake waarin meer as R136 miljard van hom geëis word. Dit hou verband met boekhoubedrog wat gepleeg is toe Markus Jooste nog uitvoerende hoof van die groep was. Hy het in Desember 2017 skielik bedank toe Deloitte, toe nog die groep se eksterne ouditeur, nie daardie jaar se resultate wou afteken nie.

Steinhoff bied nagenoeg R18,5 miljard aan eisers en ander aandeelhouers wat geld verloor het omdat Steinhoff se aandeelprys in duie gestort het, maar het onlangs aangekondig hy sukkel om almal se steun vir die voorstel te kry.

Nog ’n faktor wat die resultate gaan vertraag, hou met Covid-19 verwant. Strenger inperkings word nou in lande soos Brittanje en ander Europese lande ingestel te midde van ’n tweede vlaag infeksies en dit maak reis en besoeke aan persele baie moeilik.

Steinhoff se primêre notering is in Frankfurt in Duitsland en hy het filiale oor die hele Europa heen, maar sy hoofkantoor is in Stellenbosch.

Die maatskappy verwag dat die jaarverslag ’n maand later, teen 26 Februarie, uitgereik gaan word. Die jaarvergadering word ook uitgestel tot 30 April.

Meer oor:  Steinhoff  |  Resultate  |  Maatskappye  |  Jse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.