Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff se Heather Sonn bedank
Heather Sonn Foto: Bloomberg

Heather Sonn, voorsitter van Steinhoff se direksie, het bedank.

Sonn het Maandag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens gesê Gamiro Ventures, ’n maatskappy waarin sy ’n belang besit, het “onwetend” ’n transaksie met Geros Financial Services voltooi.

Dit lyk glo nou asof dié transaksie deur Steinhoff gefinansier is.

“Ek het in Desember 2017 versoek dat hierdie transaksie op die lys geplaas word vir ondersoek deur PwC toe ’n naam in die aandeelstruktuur van die aandeelhouer van Geros herken is as ’n naam wat ook in die Viceroy-verslag verskyn het.

“Ongelukkig het dit twee jaar geduur om tot ’n gevolgtrekking te kom oor die aard van die verhouding tussen die maatskappy en Geros, maar daar was destyds verskeie prioriteite vir die maatskappy,” sê sy in die verklaring.

“Ek sou, gegrond op wat ek nou weet, sekere onthullings gedoen het,” sê sy verder.

Sonn sê aangesien sy daarop aandring dat lede van die maatskappy se direksie en die raadgewende direksie aan die hoogste bestuurstandaarde moet voldoen, is dit net reg dat sy dit ook op haarself toepas.

Sonn is ’n groot aandeelhouer in ’n beleggingsmaatskappy genaamd Gamiro, wat ’n beherende aandeelhouer is in ’n maatskappy genaamd Blake and Associates.

Die JD-groep is een van Blake se kliënte. Die JD-groep word op sy beurt deur Pepkor Bpk. besit, wat ’n filiaal van Steinhoff Investment Holdings is.

Blake is een van ’n paneel eksterne skuldinvorderaars wat deur die JD-groep gekontrakteer is, en is onderhewig aan dieselfde bepalings en voorwaardes as ander diensverskaffers.

Die diensverhouding tussen die JD-groep en Blake het reeds bestaan lank voordat die JD-groep deel geword het van Steinhoff, en nog vóórdat Gamiro vir Blake gekoop het.

In 2017 het Gamiro ’n opsie verkry om ’n belang in Blake te verkry van (’n filiaal van) Geros.

Sonn het van 15 Mei 2017 tot 17 Januarie 2018 in die direksie van Blake gedien.

Peter Wakkie, adjunk-voorsitter van die raadgewende direksie van Steinhoff, sê in die verklaring dat daar gevind is dat Sonn op geen manier deel gehad het aan die rekenkundige ongerymdhede wat by Steinhoff gebeur het nie.

Meer oor:  Steinhoff  |  Heather Sonn  |  Markus Jooste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.