SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff se Mattress Firm betyds vir Swart Vrydag

Die Amerikaanse matraswinkelgroep Mattress Firm, wat aan Steinhoff behoort, het betyds vir die groot verkoopdag Swart Vrydag uit sy bankrotskap gekom.

Mattress Firm is in 2016 vir ’n reusebedrag van $3,8 miljard deur Steinhoff gekoop.

’n Tak van Mattress Firm in Encinitas, Kalifornië in die VSA. Foto: Reuters

Swart Vrydag word egter in minder winkels aangebied omdat Mattress Firm die afgelope maand 600 van sy winkels se huurkontrakte gekanselleer het. Dit was een van die redes hoekom die maatskappy vroeg in Oktober aangekondig het hy het kragtens hoofstuk 11 van die Amerikaanse kode oor bankrotskap aansoek gedoen om sy sake te herorganiseer. Dit het aan die maatskappy beskerming teen sy skuldeisers gegee terwyl die herorganisering plaasvind.

Steinhoff het aangekondig Mattress Firm het die proses Woensdag voltooi nadat hy sy herorganisering suksesvol afgehandel het.

Die goedgekeurde hoofstuk 11-plan vir Mattress Firm verseker dat die maatskappy $525 miljoen het om sy bedrywighede voort te sit.

Danie van der Merwe, waarnemende uitvoerende hoof van Steinhoff, het gesê Mattress Firm het binne die 45 tot 60 dae spertyd die proses voltooi. Van der Merwe tree einde Desember uit, maar bly nog ’n jaar aan as uitvoerende direkteur. Hy word deur Louis du Preez, handelshoof, opgevolg.

Mattress Firm wou teen Swart Vrydag uit bankrotskap kom, anders sou dit sy verkope beperk en sy kanse verminder om die proses suksesvol af te handel.

“Dié kort proses het Mattress Firm in staat gestel om sy balansstaat te versterk en sy winkels te verminder, en as ’n sterker maatskappy te voorskyn te kom,” sê Van der Merwe.

Meer oor:  Mattress Firm  |  Steinhoff  |  Kleinhandel  |  Swart Vrydag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.