Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff se resultate middernag uitgereik

Steinhoff en sy ouditeure het beleggers Dinsdagaand tot middernag aan ’n lyntjie gehou oor die langverwagte 2017-resultate.

Die resultate sou Dinsdag uitgereik word nadat dit al herhaaldelik uitgestel is. 

Die jaarverslag is 343 bladsye lank. 

Steinhoff het teen 17:30 Dinsdagaand in ’n Sens-verklaring gesê hy beoog om steeds sy resultate vir die boekjaar tot einde September 2017 Dinsdag uit te reik, maar dit gaan dalk “later vannag” eers gebeur.

Dit was onseker of die direksie of eksterne ouditeurs, Deloitte, die proses vertraag het. Albei partye moet die resultate afteke.

Deloitte, wat Steinhoff se eksterne ouditeure is, wou nie destyds afteken op dié jaarstate nie omdat hy vrae gehad het oor ongerymdhede met die boeke.

Steinhoff het daarna vir PwC aangestel om ’n forensiese ondersoek na sy boeke te doen.

Die uitreiking van die resultate is onlangs weer uitgestel omdat die rekenkundige hantering wat vereis word vir die ongerymdhede, gefinaliseer moet word.

Steinhoff het dit voorheen as “uiters kompleks” beskryf om te hanteer uit ’n rekenkundige en oudit-oogpunt.

“Steinhoff wil versigtig wees om seker te maak al die kwessies word korrek hanteer,” het die maatskappy voorheen gesê.

Meer oor:  Steinhoff  |  Deloitte  |  Pwc  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel  |  Meubels  |  Meubelhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.