Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff se resultate mis spertyd

Steinhoff gaan nie sy resultate vir die boekjaar tot einde September Woensdag of einde Januarie uitreik soos daar vereis word nie.

Sy aandeelprys het Dinsdag namiddag 10% gedaal.

Die maatskappy het in ’n verklaring sy aandeelhouers verwys na sy aankondiging van 5 Desember waarin sy toesighoudende direksie gesê het die uitreiking van sy finansiële jaarstate word uitgestel. Steinhoff het toe gesê dit was omdat nuwe inligting aan die lig gekom het wat hom genoop het om die ouditfirma PwC te huur om sekere ongerymdhede met sy boekhouding te ondersoek.

Volgens Steinhoff duur die ondersoek deur PwC nog voort.

Die maatskappy het die markowerheid in Nederland ingelig hy kan nie ingevolge wetsvereistes sy jaarstate teen 31 Januarie (Woensdag) uitreik nie.

Volgens Steinhoff gaan die maatskappy se aandele nieteenstaande die verstreke sperdatum steeds op die Frankfurt-aandelebeurs en op die JSE verhandel.

Die JSE het in Desember nadat die Steinhoff-bom gebars het oor die ongerymdhede, gesê die maatskappy moet ingevolge die Frankfurt-aandelebeurs waar hy sy hoofnotering het, voor einde Januarie sy jaarstate uitreik.

’n Verdere kennisgewing oor die vordering met die ondersoek en wanneer sy state uitgereik gaan word, sal so spoedig moontlik verskaf word.

Nog ’n ondersoek

Steinhoff het ook aangekondig die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom (CIPC) het hom opdrag gegee om die ongerymdhede waarna hy verwys, ingevolge die Suid-Afrikaanse maatskappywet te ondersoek.

Die ondersoek moet binne ses maande sedert die kennisgewing deur die CIPC uitgereik is, begin word.

Die CIPC sê Steinhoff moet die nodige stappe doen wat deur die wet vereis word.

Meer oor:  Steinhoff  |  Steinhof Africa Retail  |  Pwc  |  Markus Jooste  |  Christo Wiese  |  Jse  |  Aandele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.