Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Swart vennoot stel eis van R12 mjd. in

Steinhoff se jarelange bemagtigingsvennoot Lancaster 101 het begin met ’n regsgeding om die R12 miljard wat in die groep belê is terug te kry.

Jayendra Naidoo, voorsitter van Pepkor, by die notering van die maatskappy in 2017 toe dit nog Steinhoff Africa Retail (Star) geheet het. Regs van hom is Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van die Steinhoff-groep, en Ben la Grange, voormalige finansiële hoof van die groep. Foto: Verskaf

Dit is die hoeveelste eis wat gebring word deur partye wat in die afgelope jare in Steinhoff belê het.

Lancaster 101 het gesê die eis spruit uit die wanvoorstellings deur Steinhoff in inligting waarop die groep staatgemaak het toe hy sy belegging in 2016 gedoen het.

Aandeelhouer in Pepkor

Naidoo is ook die voorsitter van Pepkor, wat 'n filiaal is van Steinhoff.

Dit is nie seker of hy nou gaan bedank as voorsitter nadat die eis teen Pepkor se beherende aandeelhouer gebring is nie.

In Pepkor se onlangse jaarverslag word gesê Lancaster 101 het’n belang van 8,7% in Pepkor.

Naas Steinhoff is Lancaster 101 die grootste aandeelhouer in die maatskappy.

Die transaksie was grootliks deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) gefinansier.

“Lancaster eis die terugbetaling van sowat R12 miljard, insluitende rente.”

Die belegging het baie aandag gekry die afgelope paar weke by die kommissie van ondersoek oor die OBK. Claudia Manning, ’n voormalige lid van die OBK se raad, het in haar getuienis erken agterna beskou het die OBK ’n fout gemaak om die transaksie te finansier.

Deur die transaksie het die bemagtigingsgroep 3% in Steinhoff bekom.

“Daar is baie partye, wat soos ons, seergekry het deur wat gebeur het by Steinhoff en wat ’n wesenlike verlies gely het,” het Jayendra Naidoo, voorsitter van Lancaster, gesê.

“Ons doel is om te verseker dat die beleggings wat deur belangegroepe, spesifiek die staatsdiens se pensioenfonds (GEPF) gemaak is, teruggekry word. Dit is die grootste prioriteit.”

Lancaster word 50% deur die GEPF, 25% deur die Lancaster-groep en 25% deur die Lancaster-stigting besit.

“In die beste belang van almal betrokke, sal ons positief en konstruktief met die huidige leierskap van Steinhoff en ander geaffekteerde aandeelhouers werk. Ons is sterk verbind daartoe om ’n betekenisvolle uitslag in die kwessie te kry.” Fin24 en bygewerk 

Meer oor:  Gepf  |  Obk  |  Jayendra Naidoo  |  Markus Jooste  |  Hofsake  |  Regsgeding  |  Eis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.