Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff-sitting in Amsterdam uitgestel

’n Openbare sitting in Amsterdam, Nederland, waar ’n groep Steinhoff-aandeelhouers Donderdag hul saak aan die Amsterdamse Appèlhof wou stel, is vir eers uitgestel.

amsterdam
Fietsryers by die Amsterdam-Sentraal-treinstasie.

Steinhoff het Woensdagaand in ’n Sens-verklaring gesê hy het op 21 Februarie ’n petisie van die groep aandeelhouers ontvang wat gevra het vir ’n ondersoekende sitting in die Appèlhof se handelsafdeling of sogenaamde ondernemingskamer (Enterprise Chamber), wat klagtes of vertoë oor sake-ondernemings aanhoor.

Volgens Steinhoff het die maatskappy en die groep aandeelhouers egter intussen saam besluit om die sitting tot later in die jaar uit te stel.

Die nuwe datum van die sitting sal aan die mark gegee word sodra dit bevestig is, het Steinhoff gesê.

Steinhoff is in Nederland geregistreer, hoewel sy hoofkantoor op Stellenbosch is. Die groep aandeelhouers sluit in die Openbare Beleggingskorporasie, die staatspensioenfonds, die Werkloosheidsversekeringsfonds, die Vergoedingsfonds, asook 'n reeks ander beleggingsfondse en batebestuurders, wat insluit John Hancock Funds, Pacific Select Fund, en Nordea Funds.

Die groep aandeelhouers wil hul eie ondersoeker na die ineenstorting van Steinhoff vra nadat sy hoof, Markus Jooste, in Desember 2017 ná ’n boekhouskandaal bedank het. Hulle wil ook hul eie verteenwoordiger op die toesighoudende direksie van Steinhoff hê wat kan verseker dat inligting voldoende aan aandeelhouers oorgedra word.

Steinhoff se aandeelprys was Woensdag 2% laer op R1,42. Dit was bo R55 voordat die boekhouskandaal in 2017 bekend geword het.

Meer oor:  Steinhoff  |  Staatspensioenfonds  |  Obk  |  Amsterdam  |  Maatskappy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.