Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff-skok: Aandele-sertifikate skoonveld
The headquarters of Steinhoff International Holdin
Die hoofkantoor van Steinhoff in Stellenbosch. Foto: Getty Images

Wie ook al hul asem opgehou het om op 28 Junie te hoor hoe Steinhoff se sake in die mees onlangse verslagtydperk lyk, sal nou langer moet wag.

Die maatskappy sê die resultate vir die halfjaar tot einde Maart – wat op dié dag uitgereik sou word – is vertraag.

Die goeie nuus is die afhandeling van sy finansiële state vir die boekjaar tot einde September 2018 vorder goed. Dit sal steeds na verwagting op 18 Junie bekend gemaak word.

Steinhoff het begin Mei uiteindelik sy geouditeerde finansiële state vir die boekjaar tot einde September 2017 uitgereik.

Die maatskappy het voorheen gesê die rekenkundige hantering van die ongerymdhede met sy boeke en om die invloed hiervan vas te stel, is “uitsonderlik kompleks en tydrowend”.

Terugvoering oor skuld

Die aankondiging is vervat in die maandelikse terugvoering wat Steinhoff moet uitreik ingevolge die skuldstilstand-ooreenkoms van 11 Julie verlede jaar met die krediteure van sy filiale Steinhoff Europe AG (Seag); Steinhoff Finance Holding GmbH (SFHG), Stripes US Holding (Sushi) oor die herstrukturering van die groep.

Nadat dié ooreenkoms onderteken is, het die onderskeie krediteure van Seag en SFHG in Desember 2018 die vrywillige reëlingskemas goedgekeur waarvolgens die skuld terugbetaal moet word.

Gebeure sedertdien het vereis dat die krediteure nog wysigings aan die reëlingskemas moes goedkeur. Die derde stel wysigings is pas aan albei reëlingskemas voorgestel en is op Donderdag 30 Mei goedgekeur.

Die wysiging het veroorsaak dat die inwerkingstelling van die reëlingskemas van einde Mei tot einde Junie uitgestel moes word.

Die inwerkingstellingsdatum vir die herstrukturering in die skuldstilstand-ooreenkoms van verlede jaar is ook nou van einde Mei na einde Junie uitgestel omdat daar nie betyds aan al die voorwaardes vir die toepassing daarvan voldoen kon word nie.

Noudat die derde wysiging aan die reëlingskemas goedgekeur is, word bepaal watter voorwaardes vir die toepassing daarvan nog uitstaande is.

Sodra dit gedoen is, sal ’n kennisgewing hieroor aan beleggers uitgereik word. Dan sal die volgende fase van die herstrukturering uiteindelik kan begin.

Na verwagting sal daar sowat 20 werkdae nadat die kennisgewing uitgereik is, met die finale inwerkingstelling begin word.

Vermiste Switserse aandelesertifikate

Een van die redes hoekom die dokumente oor die reëlingskemas vir die derde keer gewysig moes word, hou verband met vermiste Switserse aandelesertifikate van Steinhoff Europe AG.

Ná die herstrukturering moes al die aandele wat deur Seag in Steinhoff Europe AG gehou word na die nuwe maatskappye wat gestig word (Newco 5 en dan daarna na Newco 6) oorgedra word.

“Ingevolge Switserse wetgewing word die fisieke lewering van behoorlik geëndosseerde oorspronklike aandele-sertifikate vereis. Sedert 29 November 2018 (toe die aansoek vir die reëlingskemas ingedien is) is dit nie moontlik om die oorspronklike aandelesertifikate op te spoor nie.”

Seag het vroeg in Januarie met ’n proses begin om ingevolge Switserse wetgewing die hof te versoek om nuwe sertifikate te verkry.

Die proses sal sowat ses tot nege maande duur.

Die enigste verwysing in die jaarstate van Steinhoff vir die boekjaar tot einde September 2017 – wat uitgereik is nadat die forensiese ondersoek oor ongerymdhede met sy boeke afgehandel is – is dat ’n lening van 1,5 miljard van die Talgarth-groep aan die Switserse maatskappy geskuld word.

Talgarth is een van die drie groepe wat geïdentifiseer is in ’n verklaring oor die forensiese ondersoek wat tot R100 miljard se bedrog oor tien jaar gelei het.

Meer oor:  Steinhoff  |  Resultate  |  Bedrog  |  Maatskappye  |  Forensiese Ondersoek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.