Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff spartel om nuwe ouditeur te kry

Steinhoff se aandeelhouers is Vrydag verras toe aangekondig is Mazars is benoem om sy ouditeursfirma vir die boekjaar wat September eindig te word en het reeds op ’n konsultasiegrondslag vir Steinhoff begin werk.

Heather Sonn, voorsitter van Steinhoff se direksie.

’n Aankondiging oor wie die eksterne ouditeur moet wees, moes ’n sekere tyd voor die jaarvergadering gedoen word, maar die maatskappy het laat blyk dit was moeilik om ’n firma te kry wat belang stel.

Deloitte was op verlede jaar se jaarvergadering net aangestel om die 2018-jaarverslag af te handel.  

Heather Sonn, voorsitter, het gesê hulle het verlede jaar beklemtoon wanneer 'n nuwe eksterne ouditeur aangestel word, sal dit per tenderproses wees. 

Steve Booysen, hoof van die ouditkomitee, het die aankondiging gedoen dat Mazars benoem is as ouditeure vir die 2019-boekjaar. “Ons is dankbaar dat Mazars ingestem het om in die omstandighede ons ouditeur te wees.”

LEES OOK: Steinhoff: ‘Jooste is verryk deur transaksies’

Armand Kersten, verteenwoordiger van VEB, wat ’n groepsgeding teen Steinhoff gebring het, het gesê hulle is verras deur die aankondiging, want eintlik moes aandeelhouers voor die vergadering gehoor het wie word benoem omdat hulle gewoonlik op die jaarvergadering oor die aanstelling moet stem.

Dit was ook die eerste wat aandeelhouers gehoor het dat ’n buitengewone algemene vergadering gehou gaan word waarop hulle oor die ouditeure kan stem.

Kersten het gesê hulle was uiters bekommerd toe hulle nie betyds die benoemings vir die eksterne ouditeure gekry het nie, gegewe dat jaareinde 'n maand weg is. Hy het gesê ingevolge wetgewing moet op die buitengewone algemene vergadering aangedui word dat daar twee keuses van ouditeure was en hoekom op ’n spesifieke een besluit is.

Hy wou weet wie die ander ouditeursfirma was en hoekom die keuse gedoen is. 

Die vraag is nie beantwoord nie. 

Sonn het gesê hulle is bewus van die bepaalde tyd waarin die inligting aan aandeelhouers gegee moes word, maar “die vergadering moet waardering hê daarvoor dat die maatskappy baie graag in staat sou wou wees” om betyds die benoemings te gee sodat aandeelhouers op die vergadering daaroor kon stem.

“Ons was nie in ’n posisie om dit te doen nie.”

’n Kennisgewing oor die buitengewone algemene vergadering moet binne 42 dae uitgestuur word. Sonn het gesê hulle is bekommerd oor die tyd wat beskikbaar is om die 2019-jaarverslag af te handel. Dus is Mazars reeds op ’n konsultasiegrondslag aangestel.

Kersten meen enige ouditeursfirma wat gegewe die netelige posisie en onsekerheid waarin Steinhoff gehul is, bereid is om as sy eksterne ouditeur op te tree, moet geprys word.

Die algemene jaarvergadering het drie en ’n half uur lank geduur. Algemene jaarvergaderings duur gewoonlik selde langer as ’n uur.

Meer oor:  Steinhoff  |  Deloitte  |  Mazars  |  Heather Sonn  |  Louis Du Preez  |  Ouditfirmas  |  Meubelhandel  |  Ouditbedryf  |  Ouditeurs
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.