Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff spring 53% ná gerug oor koper vir Pepco

Steinhoff se aandeelprys het Dinsdag skerp gestyg ná ’n berig oor die moontlikheid dat sy Europese winkelgroep Pepco oorgeneem gaan word.

Die aandeel het in ’n stadium selfs 52,8% hoër op R1,65 gestaan voordat dit 47,2% hoër op R1,59 gesluit het.

Pepco besit 1 600 winkels in Sentraal- en Oos-Europa, die Britse kettingwinkelgroep Poundland en Dealz, wat sake in Ierland, Pole en Spanje doen.

Pepco, wat 1 300 winkels in onder meer Pole en Roemenië bedryf, word as een van Steinhoff se winsgewendste ondernemings beskryf.

Sky News het Maandag berig die voormalige eienaar van Poundland oorweeg dit om ’n oorname saam met twee private beleggingsgroepe te doen.

Die transaksie wat oorweeg word, waardeer Pepco op nagenoeg R74 miljard (4,5 miljard).

Advent International, wat Poundland ’n dekade gelede aan Steinhoff verkoop het, werk saam met Hellman & Friedman en Mid Europa Partners, luidens die berig.

Steinhoff het reeds Maandag 20% tot bo R1 gespring nadat hy vir lank onder dié prys geboer het.

Sy aandeelprys van R1,58 is laas in Mei 2019 gesien.

Dis nog ver van die aandeelprys waarteen hy verhandel het einde November 2017, voor die skandaal om sy kop losgebars het dat hy nie sy geouditeerde jaarstate kan uitreik nie oor sy boeke gekook is. – Fin24

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Poundland  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel  |  Winkelgroepe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.