SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff styg 24c danksy Mattress Firm-besluit

Steinhoff het Maandag met 13% gestyg nadat aangekondig is sy duur Mattress Firm-maatskappy in Amerika is amper uit bankrotskap nadat ’n verdere stap in die proses afgehandel is.

’n Tak van Mattress Firm in Encinitas, Kalifornië in die VSA. Foto: Reuters

Steinhoff, wat Oktober weer onder R2 ingesak het, is nou 24c hoër op R2,07.

Mattress Firm het 5 Oktober aangekondig hy het kragtens hoofstuk 11 van die Amerikaanse kode oor bankrotskap aansoek gedoen om sy sake te herorganiseer. Dit bied aan ’n maatskappy beskerming teen sy skuldeisers terwyl die herorganisering plaasvind.

Die maatskappy se hoofstuk 11-plan is Vrydag deur die hof wat daaroor besluit, goedgekeur en Mattress Firm kan nou die proses afhandel sodra die laaste voorwaardes nagekom is.

Steinhoff het Mattress Firm in 2016 ten duurste bekom teen baie meer as wat sy aandeelprys in daardie stadium was. Steinhoff het skuld van $4 miljard vir die verkryging aangegaan.

Netwerk24 het voorheen berig Mattress Firm wil die hoofstuk 11-proses binne 45 tot 60 dae afhandel om “klante, verkopers en sakevennote gemoedsrus te gee voordat vakansieverkope op Swart Vrydag (23 November) begin”.

Die maatskappy het verlede week gesê Mattress Firm sal na verwagting 19 November uit bankrotskap gehaal word.

Meer oor:  Mattress Firm  |  Steinhoff  |  Kleinhandel  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.