Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff styg skerp ná kredietplan
Steinhoff se hoofkantoor in Stellenbosch.

Spekulante en ander waagmoedige beleggers sal Donderdag verder besin oor hul aptyt vir Steinhoff-aandele nadat die beleërde internasionale meubelhandelaar se aandeelprys Woensdag met 20% tot R2,26 gestyg het.

Dit was nadat Steinhoff Woensdag inligting bekend gemaak het oor ’n proses om sy skuld te herstruktureer.

Steinhoff het ’n ooreenkoms aan krediteure gebied om ’n soort skuldstilstand vir drie jaar te sluit om hom kans te gee om sy skuld te herstruktureer.

Steinhoff het krediteure net tot 16 Julie tyd gegee om oor die ooreenkoms te besluit, sodat dit op 20 Julie in werking kan tree. Die ooreenkoms hou veral verband met Steinhoff se skuld by sy Europese bedrywighede. Sonder die ooreenkoms sal Steinhoff sy opsies moet heroorweeg ingevolge die toepaslike Oostenrykse wetgewing, het die groep in ’n Sens-verklaring gewaarsku.

As deel van die ooreenkoms het Steinhoff ingestem om krediteure te betrek by die proses om van sy bedrywighede in Europa te herstruktureer.

Die ooreenkoms sal behels dat Steinhoff nie rente hoef te betaal op sy skuld oor die driejaartydperk nie sodat hy beweegruimte het om sy kontantvloei te verbeter.

Steinhoff is in Desember in ’n krisis gedompel toe sy uitvoerende hoof, Markus Jooste, bedank het te midde van ’n ondersoek na rekeningkundige ongerymdhede in sy finansiële state van die afgelope paar jaar. Sy aandeelprys het toe van ’n vlak van rondom R70 tot sowat R1 geval.

Die ouditgroep PwC is besig met ’n omvattende ondersoek na die groep se geldsake.

Meer oor:  Steinhoff  |  Steinhoff-Skandaal  |  Aandeelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.