Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff val skerp ná teleurstellende nuus
Markus Jooste
Markus Jooste toe hy onlangs parlementslede se vrae oor die Steinhoff-debakel moes beantwoord. Foto: Jaco Marais

Steinhoff se aandeelprys het Donderdag net ná die markopening met 21% geval tot R1,40 nadat die maatskappy gesê het die forensiese ondersoek na sy boeke en die uitreiking van sy geouditeerde jaarstate is maande lank vertraag.

Die aandeelprys het Woensdagaand op R1,78 gesluit.

Beleggers het op hete kole gesit en wag vir die geouditeerde jaarstate vir die boekjaar tot einde September 2017, wat reeds ’n jaar gelede uitgereik moes word.

Lees ook: Steinhoff: Jaarstate, ondersoek maande vertraag

Vandag presies ’n jaar gelede het beleggers met die skoknuus wakker geword dat dié jaarstate nie meer uitgereik gaan word nie en dat Markus Jooste, uitvoerende hoof, met onmiddellike ingang bedank. Steinhoff het ook toe aangekondig ’n forensiese ondersoek gaan deur PwC gedoen word na ongerymdhede in sy boeke.

Dit blyk uit die aankondiging van Steinhoff Donderdag dat die ondersoek baie ingewikkelder is as wat aanvanklik verwag is.

Teen 10:15 het die aandeelprys effens herstel tot R1,54 – byna 13% laer as Woensdag.

Meer oor:  Steinhoff  |  Maatskappye  |  Steinhoff-Skandaal  |  Aandeelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.