Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff: Valke, JSE moet sê wat hulle doen

Verskeie reguleerders het Dinsdagoggend by die parlement opgedaag om terugvoering te gee oor die vordering met hul ondersoeke na Steinhoff, asook oor hoe hulle ’n herhaling van dié skandaal kan voorkom.

Yunus Carrim, voorsitter van die parlement se staande komitee oor finansies.

Dit was op ’n gesamentlike sitting van die parlement se staande komitees oor finansies (Skof) en oor openbare rekeninge (Skoor), en die portefeuljekomitees oor handel en nywerheid en oor staatsdiens en administrasie.

Dit kom nadat PwC sy forensiese verslag oor die gebeure ná meer as 14 maande voltooi het. Net ’n verklaring is Vrydag bekend gemaak tot tyd en wyl mense wat in die verslag geïdentifiseer is, die kans gekry het om daarop kommentaar te lewer.

Yunus Carrim, voorsitter van Skof, sê Steinhoff is die grootste korporatiewe skandaal wat die land al gesien het “en ons wil besliste optrede sien. Nie aksiewoorde nie – aksie!”

Onder die instansies wat voorleggings doen, is die Valke, die JSE, die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom, die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor en die Onafhanklike Regulerende Raad van Ouditeure.

Hou Netwerk24 dop vir deurlopende beriggewing.

Meer oor:  Steinhoff  |  Jse  |  Markus Jooste  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.