Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff verkoop Britse meubelwinkels

Die beleërde meubelhandelaar Steinhoff het Vrydag aangekondig twee groot Britse meubelkleinhandelaars wat hy al 14 jaar lank besit, word verkoop.

Louis du Preez, wat van einde Desember verlede jaar die uitvoerende hoof van Steinhoff is. Foto: Adrian de Kock

Die waarde van die transaksie is nie bekend gemaak nie. Volgens Tyrrel Murray, Steinhoff se hoof van beleggersverhoudinge, is die verkoopsprys vertroulik, wat standaard is met dié soort transaksie.

Alteri Investors, ’n firma wat in kleinhandelbeleggings in Europa spesialiseer, koop die Steinhoff-filiaal Blue Group. Dié groep besit Bensons for Beds en Harveys Furniture.

Dié kleinhandelaars se vervaardigers, Reylon en Steinhoff UK Beds and Formation Furniture, is ook deel van die groep.

In die 2018-boekjaar was Blue Group se omset €631 miljoen en sy bedryfsverlies was €55 miljoen.

Die transaksie raak 269 winkels, vier fabrieke en vyf verspreidingsentrums in Brittanje wat meer as 2 700 werknemers het.

  • Bensons for Beds bestaan al 70 jaar lank en is die grootste bedhandelaar in die land volgens aantal winkels en die derde grootste volgens inkomste.
  • Harveys Furniture bestaan self al 53 jaar en word beskou as die land se grootste spesialis-meubelhandelaar volgens aantal winkels.

Alteri Investors ondersteun volgens Steinhoff se verklaring op die JSE se nuusdiens Sens die huidige bestuur van Blue Group met die ommekeer wat reeds in 2018 begin is ten einde die groep weer winsgewend te maak.

Louis du Preez, Steinhoff se uitvoerende hoof, sê die verkoop van Blue Group is deel van ’n hele klomp transaksies wat Steinhoff beoog om sy portefeulje te vereenvoudig en sy skuldvlakke te verminder. Hy wens Blue Group en Alteri sterkte toe met hul toekomsplanne.

Reguleerders moet nog goedkeuring vir die plan gee.

Gavin George, Alteri Investors se stigter en uitvoerende hoof, beskryf die kopie as “handelsname wat vertrou word en ’n sterk bestuurspan het, asook die potensiaal vir winsgewende groei”.

Mark Jackson, uitvoerende hoof van Blue Group, sê hulle is verheug oor die geleentheid om Alteri as belegger te kry. “Deur die verkoopproses het hulle deeglike begrip van ons onderneming getoon en hul kundigheid, veral digitaal, sal ’n turbo-aanjaer wees vir ons planne om die prestasie van die groep aan te dryf.”

Meer oor:  Steinhoff  |  Louis Du Preez  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.